Vandag se plaas verlowing fotosessie is besonders mooi! Ons gaan nie te veel verklap nie, sodat jul self die foto’s en die paartjie se liefdesverhaal kan waardeer.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Dit het begin Mei 2015. Heinrich wen ‘n kaartjie om die WP vs Bulle op nuweland te gaan kyk. Ek is ook die dag Nuweland toe saam met ‘n vriendin. Na die wedstryd is ons toevallig na dieselfde kuier plek. Ons het die aand afgesluit by ‘n restaurant; Al een wat nog oop was en al twee is in verskillende rigtings. Heinrich het die volgende dag die eerste sms gestuur. Hy moes my nommer in die hande gekry het en binne die eerste week is die bal aan die rol gesit en kontak is behou. Die eerste naweek het ek vanaf Wellington waar ek studeer het, huistoe gekom en Heinrich is aan my ouers voorgestel.
Na ‘n oor en weer gekuier tussen ons 2, het Heinrich binne 2 maande my aan sy ouers op Lambertsbaai geneem om hulle te ontmoet. Daar het ons verhouding ook ‘n naam gekry J Na ‘n verhouding van meer as 5 jaar, 2 trekke, nuwe werke en ‘n verlowing oor die water is ons vandag nogsteeds saam en gaan ons droomdag binnekort plaasvind, waar ons verewig bymekaar sal wees.
Hoe het julle verloof geraak?
Na 5 jaar bymekaar het ons einde 2014 besluit om LONDON te besoek, om rede van ons familie daar woon en ook sommer ‘n lekker vakansie daarvan te maak. Die lekker wegbreek oor die water, ontaard toe in ‘n verlowingstrip nadat Heinrich, my verloofde op 1 Oktober 2014 vir my, my hand vra by die Tower Bridge in LONDON na ‘n romantiese ete teen die Themes Rivier. Dit was die mees kosbaarste oomblik tussen ons twee, toe my verloofde die mees besonderse en unieke pand aan my vinger steek….Die ring vertel ‘n storie, daarom is dit vir my so spesiaal ! Dit is defintief ‘n speisale aand in ons lewens, wat op ‘n spesiale plek plaasgevind het, wat ons altyd sal onthou.
Wanneer beplan julle om te trou?
10 Oktober 2015 beplan ons om te trou op ons Plattelandse grootword dorp, Vredendal tussen die mooi groen wingerde van die Olifantsrivier -vallei. Ek en Heinrich deel ons dag met al ons familie en kosbare vriende wat met die hand uitgekies is om ons spesiale dag saam met ons te geniet.
Ons kerk seremonie is vir ons ‘n hoogtepunt van ons dag. Ons beloof trou aanmekaar in ‘n baie besonderse Kerk, naamlik: St Jane de Chantalle Roman Catholic Church. Dit is in Vredendal geleë. Die atmosfeer en gevoel in die kerk is vir ons iets baie besonders. Met ons eerste besoek aan die kerk, was ons dadelik heeltemal verlief daarop. Ons altwee het gevoel dit is perfek vir ons grootdag! Die onthaal word afgesluit by ‘n pragtige venue – Rooms with a view, met die mooiste uitsig oor die wingerde. Musiek deur plaaslike kunstenaars en heerlike kos gaan die aand perfek afsluit. Ons sien verskriklik baie uit na ons Spesiale Grootdag!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Love of Light Photography