Pieter en Linette is Hoërskool liefdes wat al baie saam deurgemaak het, asook die wêreld saam gesien het. Hul deel graag met ons hul liefdesverhaal.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het op skool ontmoet. Hier het die reis as beste pêlle begin, albei van ons sal nie 2 keer dink om dit alles oor te doen nie. Platteland mense, van Makwassie en Leeudoringstad. Ons gaan saam skool in Wolmaransstad, gaan swot saam in Bloemfontein, werk in die Kruger Wildtuin. Werk saam in die Bahamas, beleef die ongelooflike berge in Alaska, verdwaal saam in Miami en sien saam die oggend ure van Las Vegas. Saam verloor ons mense naby ons, kry nuwe vriende by en besef ook dat ons super geseënd is met wonderlike familie. Ons huil baie trane saam, maar lag liters trane uit. Lief dit om elke dag steeds nuwe dinge van mekaar te leer. Dankie Hemelse Vader dat U ons geseën het met mekaar. Die grootste seëning ooit.
Hoe het julle verloof geraak?
Pieter het ‘n naweek beplan waarvan Linette niks van die reëlings geweet het nie. Ons het na Clarens gegaan en daar gebly. Hhy het my in die toring van die kasteel gevra met ‘n gourmet piekniek. Na soveel jare se saamwees het ek presies geweet wat ek gaan sê, maar daai oomblik was ek so oorweldig, ek kon net ‘n sagte ja deur die trane uitkry. Dit was definitief een van die grootste hoogtepunte in ons verhouding! Die res van die naweek het ek bly in goed vasloop soos ek na my ring gestaar het.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Op ons troudag was dit presies 12 jaar terug wat alles begin het, die mees opwindendste reise van ons albei se lewens. Op Vrydag die 9de Mei 2003, in ons matriek jaar, het Pieter vir Linette gevra om sy meisie te wees. Dit was die begin van die beste tyd van ons lewens. Ons wou albei nie ‘n vaste verhouding gehad en nie – maar nie 1 van ons 2 sou naastenby soveel pret gehad het as ons nie mekaar gehad het nie. Dit is hoekom ons wou trou, omdat iets wat bitter lekker was 12 jaar terug, net al hoe lekkerder geword het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Glo in God!
Hou dinge net soos wat dit is. Ons doen die pret dinge wat ons saam doen nog presies dieselfde as wat ons dit 12 jaar terug gedoen het. Bly verlief – hou steeds hande vas, staar in mekaar se oë, soen skelm om hoeke en vertel ander mense hoe ongelooflik jou maat is (al lyk dit of mense dit nou al genoeg gehoor het). Maak baie vroeg in jul verhouding vrede daarmee dat daar uitdagings gaan wees, pak dit saam aan en probeer die beste daaruit haal.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf:Cindy Louwrens Fotografie
- Rok: Sophia Tolli Rok, Studio Brides
- Blomme: Linda Swart, Linette se ma
- Hare: Corlene Crathorne, Salon Corlene
- Venue: Grootbosch
- Strooimeisie rokke: iCandee
- Grimering: Esplendor Make-Up
- Koek: P.J. Smook