Ons deel graag vandag die verlowing foto sessie van Pierre en Heike. Hul liefde vir mekaar is mooi vasgevang op kiekies. Hul trou oor 2 weke en ons hoop om binnekort die paartjie se troue ook met jul te deel.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Pierre woon op ʼn plaas in die Steytlerville distrik en is ʼn boerseun in murg en been, hy was maar selde op die dorp en toeval het dit so beplan dat hulle paartjies moes kruis by goeie vriende se huis oor ʼn naweek. Pierre het dadelik Heike se oog gevang as ʼn skaam en stil mens. Heike het een Desember saam vriende op die plaas gaan kuier en soos hulle sê, die res is geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
Na 7 jaar as ʼn paartjie het Pierre besluit dit is nou sulke tyd. Hy het Heike se suster en vriendin genader om hom te help die perfekte aand te reël. Pierre het vir Heike om die bos gelei en haar die hele dag in die winkels te laat rondloop. Daarna het hulle by Heike se kleuterskool op die dorp gestop. Toe Heike by die gebou instap was die vertrek vol blomme, kerse en fotos van hulle. Ligte musiek het in die agtergrond gespeel en Pierre het net daar op sy knie gegaan en haar gevra om sy vrou te word.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons gaan op die 5de Desember 2015 by die Plantation in Port Elizabeth trou, presies ʼn jaar na ons verlowing.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Capture the Moment Photography
- Hare: Opulence
- Grimering: Theano Zenios MUA