Gertjie en Sharon vertel ons albei hul kant van hul liefdes verhaal. Gertjie het โn kans op liefde gevat om vir Sharon te vra om te trou. Angelique Wentzel het Sharon se grimering vir haar spesiale dag gedoen. Ons hou van die kleure van hul trou venue.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Gertjie: Dit was in November 2012 en ons 2 het โn Kerssangdiens bygewoon, Ek het vir Sharon die aand gesien, ons het begin klets op WhatsApp en na โn maand het ons, ons eerste afspraak gehad.
Sharon: Ons het een Desember mekaar gesien by โn kerk wat โn Kerssangdiens gehad het, begin gesels en toe vir n koffie ontmoet by Tzaneen Country Lodge.
Hoe het julle verloof geraak?
Gertjie: Ons het โn jaar en 6 maande uitgegaan, toe het ek besluit om die groot vraag te vra. Sharon verjaar 10 Junie en het toe besluit om verloof te raak naby haar verjaarsdag. Omdat ons nog nie gepraat het van trou nie, wou ek die verlowing vir haar โn verassing hou, ek het โn ontwerper gaan sien Erika Cronje @Vdodili en sy het my gehelp om vir haar โn ring te ontwerp.
Die 07 Junie 2014 het ek vir Sharon na Sun City toe geneem vir haar verjaarsdag, maar nooit het sy geweet dat ek plek bespreek het by die Palace of the lost city nie. Als was โn verassingโฆ Die aand voor ete het ek vir Sharon die Kings Tower gaan wys (dit is die hoogste uitkyk punt by die palace) en daar het ek die aand op my knie gegaan, ek het haar haar die groot vraag gevra en toe sรช sy JA.
Sharon: My man het ons ingeboek by Sun City by The Palace. Net voor ons ete daardie aand het ons na die Kings Tower toe gegaan, hy het op sy knie gesak en my gevra om sy vrou te wees.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Gertjie en Sharon: 2 jaar en 3 maande
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Gertjie: Jou troudag gaan so gou verby, op julle troudag, observeer en neem alles net in (als wat julle gereรซl het), want dit is โn besondere dag wat jy vir altyd moet onthouโฆ
Sharon: Liefde, kommunikasie en respek is die geheim van โn goeie verhouding.
- Venue: Fusion Botique Hotel
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Charl van der Merwe
- Ringe: Vdodili
- Dekor en Blomme: Anrule
- Grimering: Angelique Wentzel