Ben en Suria het ʼn pragtige liefdesverhaal wat gelei het net na so mooi troudag gevier op ʼn plaas. Ons gaan nie te veel verklap nie, want ons wil hê jul moet dit self geniet.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het ontmoet op die plaas toe Ben se broer en my koshuis moeder se verloofde ʼn kuier en visvang reël by hulle plaas en ek noodgedwonge moes saam gaan omrede ek nie alleen by die koshuis oor naweke mag wees sonder toesig.
Ek het Ben eers later die aand ontmoet toe hy terug gekeer het van ʼn jakkals jag saam omliggende boere. Ons het onmiddellik oor die weg gekom maar mekaar se harte eintlik eers die volgende dag verloor toe ons heeldag saam spandeer en visvang, motorfiets ry en rondrits met die Jeep deur die koepel.
Ons het begin gesels in die rivier water en van daar af het ons liefdes storie begin, die skoenlappers in ons magies, die konstante Mxit boodskappe, fliek, koffie drink … enige iets om net by mekaar te kan wees…ons het ons lewensmaat gevind en tot nou 8 jaar later is ons geseënd om steeds verlief op mekaar te wees.
My gunsteling dag…toe ons mekaar ontmoet het toe ek rivier klippies teen jou gooi.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak op Kersdag toe ons by Jozini Tiger Lodge & Spa was tydens ʼn tiervis hengel ekskursie in Pongolapoortdam. Hy het my gevra op die Jetty onder ʼn volmaan na ʼn heerlike ete by die hotel se restaurant en ek was onder die indruk ons gaan net ʼn draai loop af na die water en ʼn koffie drink. Ben het toe Champagne in die boot weggesteek en toe ons naby die boot kom toe gaan hy op sy een knie en vra my die groot vraag … dit was ʼn skok ek het nie eers geweet hy het al n ring nie … Dit was so spesiaal dat ons ontmoet, verloof geraak en getrou het by die rivier water.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
8 jaar…sjoe!
Ons het baie jonk ontmoet, ons het klaar geswot, Suria het op die skepe gaan werk en ondervinding in haar beroep opgebou. Ons het geweet ons is vir mekaar bedoel en mens wag mos tot die skip in kom … ons sou vroeër trou as ons als kon oordoen. Ons is so gelukkig en beste vriende.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?
Maak jul albei se ouers deel van al die reëlings…hulle kind trou net 1 keer.
Kry ‘n goeie video- en fotograaf wat al die spesiale oomblikke opvang van julle trou daggie … ons het die mooiste herinnering vasgevang in ‘n foto en video … vir altyd.
Geniet die beplanning.
Trou sodra jy weet jy het DIE EEN.
Trou met ʼn man/vrou wat klaar die Here lief het.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Corene fotografie
- Videograaf: White motion films
- Venue: Rodekopjesdam Beestekraal
- Verhuring van dekor: Amoridex Décor
- Uitnodigings: Virlief
- Trou Rokke: SHC Fashion House
- Grimering, hare en naels: Amoridex house of beauty
- Trou Koek en macaroons: Die Pienk Huis
- Bloemiste: Potch Blomme Mark en Daisy flower
- Strooimeisie rokke: Gelique
- Spyseniering: Ina Potgieter