Willem & Jeanine se buite troue

Die paartjie se eerste afspraak het gelei tot onverwagste planne.  Hulle het dadelik besef daar is iets tussen hulle.  Hoe Willem vir Jeanine gevra het om te trou was ook vir Jeanine ‘n groot verassing.  Ons is absoluut gek oor die paartjie se onthaal wat buite gehou was en die blomme wat van papier gemaak was.

Loer gerus na die pragtige foto’s en lees Willem en Jeanine se liefdesverhaal.

Willem en Jeanine_0002 Willem en Jeanine_0003

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het in Desember 2011 vlugtig ontmoet, begin gesels oor die foon en ons eerste afspraak nie lank daarna gehad nie. Ons het oorspronklik beplan om net vir ‘n drankie te ontmoet, maar die aand het op geëindig by ‘n Madam Zingara vertoning.  Ons het albei dadelik geweet ons het iets spesiaal beet en was nie bereid om dit deur ons vingers te laat glip nie. Ons was so te sê onskeibaar van daardie dag af.

Willem en Jeanine_0004 Willem en Jeanine_0005 Willem en Jeanine_0006 Willem en Jeanine_0007 Willem en Jeanine_0008 Willem en Jeanine_0009 Willem en Jeanine_0010 Willem en Jeanine_0011 Willem en Jeanine_0012 Willem en Jeanine_0013 Willem en Jeanine_0014 Willem en Jeanine_0015 Willem en Jeanine_0016 Willem en Jeanine_0017 Willem en Jeanine_0018 Willem en Jeanine_0019 Willem en Jeanine_0020

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het ‘n twee weke lang “road trip” deur Namibia beplan in Desember 2014.  Vir my was dit net ‘n heerlike vakansie, maar Willem het ander planne gehad!  Ons het die dag Etosha National Park plat gery opsoek na die Ellies en het groottes en kleintjies gesien.  By die uitgang van Ethosa staan die Okaukuejo toring wat in 1963 gebou is.  Willem stel toe voor dat ons moet opgaan en uitkyk oor die hele park. Onskuldige ek dink nie twee keer daaroor nie, maar terwyl ons daar bo staan en kyk oor die natuur se skoonheid, vra Willem die groot vraag!

Willem en Jeanine_0021 Willem en Jeanine_0022 Willem en Jeanine_0023 Willem en Jeanine_0024 Willem en Jeanine_0025 Willem en Jeanine_0026 Willem en Jeanine_0027 Willem en Jeanine_0028 Willem en Jeanine_0029 Willem en Jeanine_0030 Willem en Jeanine_0031

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


‘n Gelukkige huwelik moet maklik en natuurlik wees.  Dis twee mense wat ‘n lewe saam maak waarin albei hulle beste self is en aanvaar word nes hulle is.  Geen veranderings of opofferings nodig nie!  Dit is net behaalbaar as daar ope kommunikasie en vertroue in die huwelik is.

Willem en Jeanine_0032 Willem en Jeanine_0033 Willem en Jeanine_0034 Willem en Jeanine_0035 Willem en Jeanine_0036 Willem en Jeanine_0037 Willem en Jeanine_0038 Willem en Jeanine_0039 Willem en Jeanine_0040

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]