Anneme vertel ons vandag meer oor haar en Ruben se liefdesverhaal, van hoe hul ontmoet het en hoe Ruben haar onverwags gevra het om te trou.
Hul mooi plaas troue was gevier by Avanti – Zeerust, die perfekte trou plek vir ʼn plaas gevoel.
Nou toe nou, lees hul storie en geniet die foto’s.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Beide van ons het veeleisende beroepe en het op een of ander manier besluit om die “Internet Dating” ding te probeer. Na ʼn maand se gesels (oor die foon natuurlik) het ek kliënte in Somerset-Wes gehad, en op die ingewing van die oomblik besluit om vir Ruben eers te verras by sy restaurant net om seker te maak hy is wie hy sê hy is. (Ek was maar skepties) Ons was daarna op ons eerste afspraak en die res is geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het vir Ruben laat weet dat ek laat gaan werk en eers so 20:00 by die huis sal wees. Ek was toe vroeër as beplan by die huis, net om verwelkom te word deur ʼn aanmerking “Hoekom is jy so vroeg by die huis?” Ek was maar vies… Wat ek nie geweet het nie, is dat Ruben gesukkel het om my pa in die hande te kry, want hy het op die ingewing van die oomblik net besluit om my te vra.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 2 jaar saam voor ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Wees altyd jouself, moet nooit voorgee wat jy nie is nie. Mens vind ware liefde in die snaakste plekke, so vat die kans.
Oor die troue en reëlings: Ek dink ons was die rustigste bruid en bruidegom. Ek het vir my ma gesê wat ons wil hê, en sy het die res gedoen. My ma se hande staan vir niks verkeerd nie, en sy het vir ons die beste dag van ons lewe gegee.
Ek en Ruben is beide mense wat alles vat soos dit kom. Ons is van die opinie dat ʼn troue oor meer moet wees as hoe als en almal lyk. Dit is die belofte wat jy maak aan mekaar en dit is dus die middelpunt van die dag. Ek dink ons liefde vir mekaar, ons familie en vriende het die dag soveel meer spesiaal gemaak.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Avanti Wedding & Function venue – Zeerust
- Fotograaf: Lilly-Owl Photography
- Videograaf: Peachy Cinema
- Rok: Alana van Heerden
- Platejoggie: Simpsons Potchefstroom
- Spyseniering: Myra Delport
- Koek: Elize van der Merwe
- Blomme: Roelof du Toit, Doreen Kleinsmith & Dalene Olivier
- Dekor: Avanti Wedding & Function Venue ( Ek moet hier bylas dat ons familie en vriende soveel gehelp het)
- Grimering & Hare: Donna Kennedy Meyer
- Ringe: Aphrodite Diamond Stellenbosch
- Skryfbehoeftes: Hello Dolly Stationery
- Wyn & Sjampanje: Riebeek Kelders