Soms ontmoet jy jou lewensmaat die laaste manier waaraan jy sou dink. Lees onder hoe Linda en Ferdie ontmoet het. Linda het ʼn spoggerige rok van Ilse Roux gedra op haar spesiale dag. Loer gerus na die mooi foto’s.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
ʼn Goeie vriendin het my gevra of ek saam met een van haar man se vriende na ʼn troue toe kan gaan.
Ons het afgespreek om mekaar die Vrydag voor die troue te ontmoet vir ʼn drankie en na dit te gaan dans sodat ons kan sien of ons wel saam kan dans. Ons het mekaar ontmoet, ongelooflik lekker gelag en gesels en was die volgende oggend 4vm eers huis toe.
Hoe het julle verloof geraak?
Ferdie het ʼn naweek weg gereël by ʼn rivier oord.
Ons het voorberei vir die kaggelvuur ete en na ʼn halfuur of so, hoor ek hom vra om asseblief vir ons musiek op te sit en het ons gunsteling liedjie gekies. Ferdie het om die draai gekom met ʼn netjiese swart hemp, das en slaap broek en het onmiddellik na my toe gestap om die ja woord te vra. Die wêreld het stil gaan staan, die oomblik was perfek!!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was so net oor die 2jaar saam voor ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
“Don’t stress the small stuff” – Geniet elke oomblik van beplanning en jou groot dag. As daar iets gaan skeef loop is dit REGTIG okay. Nie een van jou gaste sal dit weet nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Die Eike Guesthouse & Venues
- Skryfbehoeftes en Dekor: Magic Ribbon
- Rok: Ilse Roux
- Hare: Salon Belissimo
- Fotograaf: Danelle Photography
- Grimering: Cait Swart
- Trou Koek: Estelle Wilson
- Platejoggie: DJ Armand
- Troukar: Wynand le Roux