Ons deel graag met jul die troue van Antoinette en Louis. Lees onder meer oor hoe Louis vir Antoinette onverwags gevra het om te trou en hoe sy reageer het.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het in Stellenbosch ontmoet in 2011 waar die bruidegom ‘n wynmaker was by Camberley wynplaas. Die bruid, ‘n toergids, het die plaas op ‘n gereelde basis besoek met gaste. In Desember 2011 voel die meisie baie alleen, aangesien sy as toergids moes werk en al haar vriende was uitstedig met vakansie. Sy het gedink: Miskien moet sy daardie blou oog wynmakertjie van Camberley nooi vir sushi en ‘n glas wyn? Het het binne sekondes ja gesê! So het daardie aand verander in nog menigte aande van “leer mekaar ken” voor hulle offisieel begin uitgaan het, na ‘n lang jaar van “beïndruk” van Louis se kant af.
Hoe het julle verloof geraak?
Op 27 Augustus 2014 het ek en Louis by Waterkloof Wynplaas gestop vir ‘n toergids funksie, ‘n gereelde okkasie in my lyn van werk.
Die parkeer area was leeg met geen ander gaste in sig nie, dus het dit my nuuskierigheid effe beïnvloed. Die Waterkloof personeel het ons verseker dat hulle alles baie persoonlik doen en toe vertrek ons op ‘n privaat wingerd toer met Nadia, die wynmaker. Later verander dit in ‘n kerldertoer en met Nadia wat moes hardloop vir ‘n noodgeval by die bottelerings aanleg, word ons alleen gelaat in die vate kelder. Louis het gesê: “Kom ons loop ‘n bietjie” en net om die draai was ‘n gangetjie van kersies en hangende pienk hout woorde wat se: “Ant, trou met my?” Ek het amper op my rug geval. Louis het op een knie neergesak met ‘n ring, maar ek was so oorweldig dat ek hom gestop het en gesê het ek wil eers als inneem. Hy het heeltemal verstaan en my tyd gegee om die bos blomme en Franse bottel champagne raak te sien en te geniet, voor hy weer kon vra: “Sal jy met my trou?” en natuurlik het ek JA gesê en hom ‘n groot soen gegee! Hierna het ons middagete by die Waterkloof restaurant met hulle asemrowende uitsig geniet en die aand by Old Mac Daddy in Grabouw oorgebly.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Presies 3 jaar en 5 maande vanaf ons eerste sushi aand tot ons troudag.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Fokus julle besluitneming op julle self en wat julle wil hê. Gee jouself genoeg tyd en werk aan alles bietjie vir bietjie. Stel doelwitte en grenslyne saam met jou lysies. Vind uit oor klein goedjies van jul venue – presies wat is ingesluit en wat is nie. Dink “uit die boks” en maak seker jou troue reflekteer julle persoonlikhede, aangesien die dae van tradisies verby is. Maak dit ‘n naweek troue as julle kan, siende dat ons familie braai die aand vooraf werklik kosbaar was. Neem dit als in, deur net te fokus op elke detail deur die aand. As jy goed voorbereid is, sal dit voel of jy ‘n gas is by jou eie troue!
Het jy ‘n Vidoegraaf gehad?
Ja ons het gebruik gemaak van Jacques van Guava Graphics.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Graeme Kloot Photography
- Venue: Vondeling Wines
- Trekklavier: Andre Janse van Vuuren
- Skryfbehoeftes: Adam & Eve Wedding studio
- Saksofoon: Thalitha Venter
- Platejoggie: DJ Jean SA
- Videograaf: Guava Graphics
- Spyseniering: Laura Truter Catering
- Hare en Grimering: Melted Toffee
- Blomme: Okasie
- Dekor: Blank Canvas
- Trourok: La Fashion Bridal Boutique
- Bruidegom Pak: Moi Styling
- Ringe: Talitha Oosthuizen designs