Doen-dit-self troues is vreeslik gewild onder die Mooi Troues lesers en dus deel ons graag die troue van Andre en Jean-Marie met julle vandag.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar die eerste keer in Centurion Mall gesien 5 jaar terug. Hy het my gevra wat ek studeer en toe ek weer sien het hy in elke klas langs my gesit. Ons het beste vriende geraak. Na twee jaar se vriendskap het ons liefdes verhaal begin…..
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het hare gaan doen die Vrydag, en toe ek weer hoor is my tas gepak en ons gaan vir ‘n naweek bietjie weg. Andre het bly sê die druk is baie met die besigheid en hy moet bietjie wegbreek. Hy het my die aand na ‘n baie lekker restaurant geneem en toe gesê ons moet ‘n roomys op die strand gaan eet. Dit het toe begin reën, maar nog steeds het Andre aangedring ons moet ‘n roomys gaan eet. Dit het harder begin reën, en ons was toe eerder huis toe. Met Sterri Stumpies wat ons gunsteling is as sjampanje het hy toe op sy knie gesak. Ek was dadelik in trane en kon nie eers behoorlik die ja woord uit kry nie. Oomblik van ‘n leeftyd!!!!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Amper 3 jaar.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Van die troudag self: Geniet elke oomblik van die dag saam. Dit gaan so vinnig verby. Eet lekker, dans lekker en kuier saam al die spesiale mense in julle lewens. Vergeet van alles wat dalk kan skeef loop, niemand gaan dit eers weet nie.
Verhouding: Kommunikasie en tyd is die grootste geskenk wat jy iemand kan gee. Moet nooit ophou met die klein dinge in julle verhouding nie, dit is tog wat julle uniek maak. Bid saam en hê die driehoek in julle verhouding van julle as individu en God. Met God aan julle kant kan niks skeef loop nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Jacey Searra photography
- Hare en Grimering: Karin Chan Makeup Artistry
- Dekor en blomme: Bruid en familie
- Videograaf: Cronje Produksies
- Skryfbehoeftes: Bakgat ontwerp
- Kentekens: Help n bruidjie
- Trourok: Olliveli
- Spyseniering: Chilli & Chive
- Venue: Colnera Estate