Advies: Wat om te doen & nie voor jou troue

Chantelle Landman deel met ons ‘n paar punte vir bruide wat soms vergete gaan:

Velsorg:

  • Moet nie jou vel produkte ‘n paar dae voor die troue verander nie, jy is nog nie seker of dit met jou vel gaan akkomodeer nie en jy mag dalk ‘n ongewensde reaksie kry kort voor die troue.
  • As jy ‘n probleem vel het of iets wat jou pla, stel ek voor om jou skoonheid terapeut of dermatoloog ten minste ses maande voor die tyd te gaan sien. Hulle sal jou op die geskikte behandeling sit, met genoeg tyd oor om te kyk of dit vir jou werk.
  • Facials waarvoor jy kan gaan- Verjonging/ Radiance facial vir n mooi natuurlike, gesonde glans.
  • Facials waarvoor jy glad nie gaan voor die troue nie- Chemical Peel. Jy mag dalk uit slaan en jou vel kan rooi en sensitief wees.

Sonbrand:

  • Maak seker jy het altyd n sonbrand middel op, spesifiek ‘n paar dae voor die troue om sonbrand te verhoed.
  • Moet nie te veel sonbed sessies gaan staan in ‘n kort tydjie nie. Dit kan lei tot rooi vel en kan ook vervel.

Wenkbroue:

  • Moet verkieslik nie kort voor die troue jou wenkbroue gaan laat waks nie. Afhangende hoe sensitief jou vel is, kan jy dalk rooi merkies hê.
  • As jy wenkbroue wil tint, doen dit ‘n paar dae voor die tyd om seker te wees die kleur is mooi van die vel af en lyk natuurlik.

Hare:

  • Maak seker jy kry al jou olies in en gaan vir voedsame behandeling.
  • Ons almal weet nou al droogblaas en stilering met hitte beskadig ons hare, dit los gesplete punte as jy dit te veel doen. Probeer dit minder doen.

MooiTroues_0003

Water:

  • Dit is baie belangrik altyd water te drink. As jy nie gewoonlik so doen nie, sit ekstra moeite lank voor die troue in om water in te kry. Dit sal baie help met ‘n gedehidreerde vel.

Genoeg slaap:

  • Bruide doen dit bitter min. Maak seker jy kry genoeg slaap die aand voor die troue, om pofferige oë te verhoed.
  • Moet verkieslik nie jou kombuis-tee die aand voor die tyd hou nie.

Reëlings vir grimering en hare:

  • Dit is baie belangrik dat jy die regte grimeer kunstenaar en haarstilis kies. Doen ‘n proef sessie vooraf met iemand, om te verseker jy is gelukkig.
  • Maak seker jy tref jou reëling lank voor die tyd, om seker te wees jy gaan nie die teleurstelling he dat jou keuse van persoon vol bespreek is nie.

MooiTroues_0002

Reëlings vir ‘n mooi maak tydjie vir die bruidegom:

  • Vra vir jou bruidegom of hy sal verkies as jou haarstilis gou moet oor gaan en hom help hare stileer vir julle spesiale dag.
  • ‘n Bruidegom mag dalk soms ‘n probleem vel hê, en is of gemaklik in homself daarmee of voel net hy kan dalk nie vra nie, Maar jou grimeer kunstenaar kan by hom ook om gaan en net n “concealer”op die merkies sit as hy so sou verkies vir die fotosessie.

MooiTroues_0004

Krediet: