Dominique van Hello Love Photography is nou al ‘n bekende naam hier by Mooi Troues en ons deel graag vandag die mooi verlowing foto sessie van Abri en Anri met julle. Nou toe nou, gaan kyk na die foto’s en lees die oulike paartjie se liefdes verhaal.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was 2 jaar saam op skool en Abri was dolverlief, maar ek wou niks weet van kêrels nie. Dit was eers toe ons albei na Hoërskool in Potchefstroom was vir studies, wat hy my weer vir die eerste keer na 4 jaar raakgeloop het. Maar kuier was toe taboe, omdat Abri in ‘n verhouding was – dus wou ek weereens niks van hom weet nie.
Nog ‘n jaar is verby en hy kontak my toe weer – en hierdie keer was ons albei vry met ‘n vonkel in die oog en so het ons paadjie saam begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was met vakansie in Durban tydens Desember 2014. Abri wou my graag vir ‘n uitstappie na ‘n leeupark neem (sy plan was om die vraag daar te vra), maar groot was ons teleurstelling toe ons eers sien in watter slegte toestand die park verkeer. Oppad terug huis toe, draai ons vir ou laas by ‘n “African Bird of Prey Sanctuary” in. Ek was besig om die arende te bewonder, toe Abri op sy knie afgaan. Al wat ek kon uitkry was: “Die ring is HUGE!” Maar natuurlik het ek daarna in trane uitgebars en JA gesê.
Wanneer beplan julle om te trou?
16 Januarie 2016
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Hello Love Photography
- Venue en blomme: Harmonie Proteas