Anke Bester het Tim en Karlien se verlowing foto sessie afgeneem. Karlien vertel ons hoe Tim haar heeltemal onverwags gevra het om te trou en sy deel ook mee dat hul noodgedwonge hul trou datum moes vroeër moes skyf.
Hoe het julle ontmoet?
Ek het na sy sussie se Autistiese seuntjie gekyk, Ethan. Sy skool tydjie was by die familie se musiekwinkel ingerig.
Wanneer het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak in die Kaap – die naweek van Die Burger fiets rytoer (nou die Stellenbosch fietsry toer) op 29 November 2014. Ek was onder die indruk ons is oorspronklik Kaap toe vir n fietsry wedren. Tim het ‘n romanties naweek beplan met spoggerige hotelle, “champagne festival” in Franschhoek, ens. Ons het die Vrydag aand by Pepperclub Hotel geslaap en die Saterdag by Lord Charles. Ek was onder die indruk dis net vir fietsry toer. Hy het ook my ring self ontwerp en laat maak by Cape Diamonds. Hy het die Saterdag vir fiksheid toetse gegaan en die ring gaan optel.
Wanneer beplan julle om te trou?
Beplanning was vir 24 September 2015 maar toe het dit verskuif na 1 Mei 2015 omdat Tim werk gekry het in die Kaap en ons moes vinniger trek as beplan.
Diensverkaffer:
Fotograaf: Anke Bester fotografie