Hierdie artikel is ietsie meer buiten die gewone en moet buite die boks gedink word wanneer jy dit lees. Ons praat oor trou tendense wat moet eindig, sodat nuwe tendense begin kan word.
Luister na die onderhoud wat Günther Schubert met Radio Sonder Grense gevoer het https://soundcloud.com/mooitroues/rsg-tendense-wat-moet-eindig
1 ) Die liedjie “1000 words‚
Almal speel deesdae die liedjie by hulle troue en ons is seker daarvan as jy ‘n gas was by meer as een troue, sal jy definitief saam stem dat die liedjie te veel gespeel word. Daar is baie ander mooi liedjies wat jy by jou troue kan speel. Ons is self mal oor die liedjie, maar ons glo mens moet iets kies wat uniek pas by jou as ‘n paartjie en nie net omdat ‘n liedjie mooi is en almal dit speel nie. Dit is net ‘n gemaklike keuse dan. Soek bietjie rond en luister na verskillende liedjies.
2 ) Stoel oortreksels, Organza, Dak Dekor en Tafeldoeke
Almal het eens op ‘n tyd lank, lank gelede stoel oortreksels gebruik vir hulle plastiek trou stoele, maar in vandag se moderne wêreld kry ons so baie mooi verskeidenheid stoele en onthaal lokale belê self in mooier stoele as net daai normale plastiek tuinstoele wat ‘n stoel oortreksel nodig het met die Organza strik aan die agterkant van die stoel. Gebruik eerder mooi hout stoele, Tiffany stoele of anders Spook stoele wat deesdae baie in die mode is. Moet ook nie enige Organza of Materiaal om die moderne stoele bind nie, dit laat die stoele goedkoop lyk.
Dit is ook een van daardie dinge wat almal deurmekaar maak. As jy ‘n onthaal saal het maak seker die dak is mooi of jy kan dit versier met iets anders as ‘n aaklige wit lap. Dit was op ‘n tyd ‘n groot tendens, maar is glad nie meer mooi nie. Omdat daar deesdae so baie ander opsies is soos “fairylights”, ‘”naked bulbs”’ en ander oulike dekor idees. Jy kan byvoorbeeld jou blomme bo die tafels laat hang uit die dak om aandag af te trek van die dak af.
Dit is ook een van daardie dinge wat almal deurmekaar maak. As jy ‘n onthaal saal het maak seker die dak is mooi of jy kan dit versier met iets anders as ‘n aaklige wit lap. Dit was op ‘n tyd ‘n groot tendens, maar is glad nie meer mooi nie. Omdat daar deesdae so baie ander opsies is soos “fairylights”, ‘”naked bulbs”’ en ander oulike dekor idees. Jy kan byvoorbeeld jou blomme bo die tafels laat hang uit die dak om aandag af te trek van die dak af.
3 ) Fotografie style:
Hier kan ons bly skryf tot die son weer opkom, maar laat ons net oor een spesifieke styl gesels. Die tendens was jare terug mode, maar is glad nie meer in die mode nie en kan vinnig aaklig lyk wanneer fotograwe dit doen. Die wit en swart foto met die kleur blom, motor of oë. Dit is glad nie mooi nie en is al lankal uit die mode. Die nuutste tendens is om jou foto’s so natuurlik as moontlik te laat lyk. Daar is geen rede om jou trou foto’s soos ‘n sirkus fotosessie te laat lyk nie. Onthou dit is iets wat jy verewig gaan moet hou. Onthou ook om ‘n goeie fotograaf met ondervinding te gebruik en nie net die goedkoopste opsie nie.
4 ) Bal blomme
Baie blomme is mooi, maar die bal blomme of rose wat in die vorm van ‘n bal is, is al jare lank nie meer in die mode nie. Dit is swaar en ook sodoende ongemaklik en duur om bymekaar te sit. So gaan eerder vir iets meer klassiek wat jare lank in die mode is. Vandag se blom stiliste is so goed en met moderne style is daar soveel meer om met blomme te doen as om dit in ‘n ronde roos bal te sit.
5 ) Die Vintage tema
Ons is seker daarvan jy was al by baie troues waar paartjies die Vintage tema gebruik het. Dit is pragtig en ons is self baie mal daaroor, maar daar moet ook ‘n einde kom aan een spesifieke tema in die bedryf. Kies iets wat by julle as ‘n paartjie pas en nie net omdat almal anders dit doen nie. Jy kan ‘n kleur of tema as jou basis gebruik en dan ander elemente bysit om dit jou eie te maak en die bietjie meer ‘n ander gevoel te gee. Ander oulike temas wat deesdae in die mode is, is boheems en minimalistiese dekor.