Stefan en Charlene is definitief ʼn “hip and happening” paartjie en ons is baie opgewonde om hul koel troue met jul te deel wat by die veelsydige trouvenue in Riebeeck-Wes gevier was. Geniet asseblief die foto’s en word geïnspireer om jou troue by die venue ook te hou.
Groenrivier Function Centre is ‘n plattelandse trou venue in Riebeek Vallei, in die Swartland distrik. Hierdie is die ideale bestemming vir ‘n troue. Dit is ‘n pragtige trou venue net so oor ‘n uur se ry vanaf Kaapstad, omring deur die natuurskoon van die gewilde Riebeek Vallei gebied. Beide Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes bied werêld klas verblyf vir gaste met baie aktiwiteite om jou trou gaste besig te hou.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Charlene antwoord: Ek was 16 en hy was 18. Hy het pas Weskus toe getrek, toe ʼn vriendin vra het of ek nie sou belang stel om na ʼn “blind date” aand te kom waar daar ʼn paar meisies en ʼn paar ouens sal wees om mekaar te ontmoet nie.
Stefan: Soos gewoonlik was Charlene weer “fashionably” laat. Toe sy ʼn uur na die klomp ander meisies alreeds daar was, opdaag, kon ek nie my oe van haar af hou nie.
Charlene: Die volgende aand het ons 2 op ʼn formele Valenteins-ete gegaan, en van daar af het ons sprokiesverhaal begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Charlene: Ek het van niks geweet nie. Ek was onder die indruk dat ons Langebaan toe ry om huis planne by ʼn argitek af te gee, en dan sommer iets te gaan eet. Volgens Stefan was die argitek nog nie tuis nie, en vir daardie rede het ons solank gebruik gemaak van die mooi dag, en Shark Bay toe gery om die mooi uitsig te waardeer terwyl ons wag. Terwyl ons daar op die rots staan en die pragtige blou strandmeer waardeer, het hy my styf vasgehou. Hy het sy liefde aan my verklaar, en voor ek myself kon kry, staan hy gekniel voor my met ʼn boksie met die mooiste ring wat ek in my lewe al ooit aanskou het, en vra my om sy vrou te wees…
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Stefan: Die dag voor die troue was ons offisieel 9 jaar saam, waarvan ons 2 jaar verloof was.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Stefan & Charlene: Maak nie saak wat die lewe na jul kant toe gooi nie, staan by mekaar, maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie, moet nooit ooit opgee nie. As al die ander dinge en mense hul rug op jou draai, wees daardie een persoon wat jy weet altyd daar sal wees in die donkerste tye.
Wees beste vriende, en doen dinge saam. Daar word altyd gesê dat jy hard moet werk aan ʼn huwelik, maar as twee mense reg is vir mekaar, sal dit nooit harde werk wees nie, maar die mees natuurlikste ding in die wêreld.
- Onthaal + Seremonie: Groenrivier Function Centre
- Fotograaf: Kusjka du Plessis
- Spyseniering: Malita Joubert
- Blomme + dekor: Joan Verster
- Trourok: Erna Visagie
- Musiek: Louis van Lill
- Hare en grimering: Doret Faasen (Cutting Gallery)