Rudolf en Karlien lyk na ‘n baie kostelike paartjie wat mekaar regtig lief het en saam mekaar groei.
Rudolf het vir Karlien omtrent ‘n unieke tyd gekies om Karlien te vra om te trou. Wat sal jy in so situasie doen?
Dié paartjie deel met ons baie goeie advies en ‘n boek wat elke paartjie moet lees.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het die eerste keer ontmoet by ‘n leierskap kamp gedurende ons Graad 11 jaar op skool. Ons het ‘n oomblik gehad waar ons na mekaar gekyk het en gelyk vir mekaar geknipoog het toe weet ek daar is iets spesiaal.
Hoe het julle verloof geraak?
Soos in die fliek “About time”… hy het my die aand skuins na twaalf wakker gemaak en langs my bed op sy knieë gegaan en vertel hoe lief hy my het en dat hy geweet het ons behoort saam. Toe sukkel hy eers om die ringboksie oop te kry (van spanning en opgewondenheid) en in die boksie was die ring wat hy self vir my ontwerp het.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ek en Rudolf was van matriek af saam. Ons was sewe jaar saam voordat ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Jy en jou beter helfte gaan verander met tyd. Mens hoef nie bang te wees daarvoor nie solank mens saam groei en die ander mens aanvaar vir wie hul is en oppad is om te word.
‘n Baie oulike boek wat ek voorstel paartjies moet lees is die 5 tale van die liefde (geskryf deur Dr Gary Chapman).
Nog ‘n brokkie advies is iets wat Rudolf se ouma (Daleen) vir ons gegee het, mens moet nie kwaad vir mekaar gaan slaap nie, as mens baklei moet mens dit uitpraat.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Kilcairn
- Kos: Two food funds
- Grimering: Angelic Goddess
- Blomme: Aangekoop by Bofberg en rangskik deur Rudolf se ma
- Fotograaf: Kaitlyn de Villiers Photography Assistant: Nacia Kruger
- Platejoggie: AV Pro – Music for any occasion