Vandag deel ons die laaste gestileerde fotosessie van die 6 inskrywing vir die Mooi Troues kompetisie. Soos al voorheen genoem het ons die foto sessie op geen spesifieke volgorde gedeel nie. Dié foto sessie is ʼn ma en dogter ontbyt. Jou ma is jou beste vriendin en daar is niks meer spesiaal om tyd saam jou ma te spandeer voor jou troudag nie. Lees gerus onder meer oor die foto sessie.
Die pragtige Lanzerac Hotel geleë op die buitewyke van Stellenbosch is een van die oudste wynplase in die distrik en het ʼn ryk geskiedenis van feeste.
Hierdie 300 jaaroue landgoed, is in 1991 omskep in ʼn hotel wat vandag wêreldwyd bekend is.
Mees onlangs is die onthaal lokaal, beter bekend as “The Cellar Hall”, meesterlik oorgedoen met net die beste en mooiste dekor. Omring met die mooie Jonkershoek berge en die plaas se wingerd terrasse maak dit nou een van Stellenbosch se gewildste. Boonop bied 48 Luukse kamers en hulle wêreldklas wyne gaste ʼn onvergeeflike ervaring.
Ons kon nie wag om hulle ryk tradisie en nuwe toevoeging aan die wêreld te wys nie. Clara en haar ma se spesiale ontbyt en ma -en -dogter tydjie saam is vasgevang. Die troukoek het sy staanplek gekry in klein glas-huisie. Roelien het haar harp gespeel en personeel het ‘Deconstructive’ melktertjies bedien. Niks minder as goud en orgideë was goed genoeg vir hierdie fees….
- Venue: Lanzerac
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Modelle: Clara en Fran
- Koördinasie/stilering: Creation Events
- Fotograaf: Love of Light
- Blomme en Stilering: Paradiso Flowers
- Hare en Grimering: Ida Webster
- Rok: Calegra Bridal House
- Skoene: Anella Wedding Shoes
- Linne: Table Cloth Hire
- Koek: Le Petit Four, Boutique Bakery
- Harp: Roelien Grobbelaar
- Skryfbehoeftes: Mia Bella Paper Flowers