Nic en Anzette het die term “Minder is Meer” baie mooi uitgebeeld in hul trou dekor. Die fotograaf het die paartjie se herinneringe vas gevang in besonderse mooi kiekies wat julle hier onder kan sien. Anzette het ‘n pragtige rok gedra wat deur die wel bekende Ilse Roux ontwerp was en Anzette se strooimeisies het rokkies van Jacoba Clothing gedra.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het deur n goeie vriend ontmoet.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was op Desember vakansie in Langebaan. Daar is ‘n privaat strand naby aan waar ons bly en ons het op die strand gaan loop om die sonsondergang te kyk. Daar was niemand anders op die strand nie, behalwe ‘n fotograaf wat die seemeeue afgeneem het. (min weet ek dis ‘n fotograaf wat Nic gekry het om die gebeurtenis op kamera te vang). Hy het toe daar vir my gevra en ons het terug gestap om ‘n vonkel-wyntjie te drink wat my skoonma vir ons ingepak het.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was ‘n jaar en 10 maande saam voor ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Ons glo dat Geloof, respek en vertroue die fondament moet wees. En probeer elke dag lag en mekaar wys wat die ander een vir jou beteken.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nelis Engelbrecht
- Rok: Ilse Roux bridal wear
- Strooimeisie rokke: Jacoba clothing
- Venue: Kleinevalleij
- Dekor en Blomme: Baie Goeters
- Kos: Malita Joubert
- Nagereg tafel: J.F van Festa
- Koek: Michelle Otto
- Hare en grimering: Lindsey Boucher
- Bruidegom en gevolg klere: Moi Styling
- Fotohoekie: Picture Parlour
- Skryfbehoeftes: Melanie (the pink collection)
- Platejoggie: Andre (DJ Dean)