Heirich en Elzette se pragtige plaas troue was gevier by die baie mooi plaas genaamd Kilcairn in een van die Wes-Kaap se populêre wynroetes. Lezanne van Lezanne’s Designs het ook die perfekte skryfbehoeftes vir dié troue se tema ontwerp. Elzette het ‘n prentjie mooi rok gedra van Ilse Roux en haar strooimeisies het rokke van Jacoba Clothing aangehad. Geniet die foto’s en word geïnspireerd.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en twee vriendinne het saam ‘n huis gedeel. Heinrich en ‘n vriend het een aand my vriendin kom optel vir ‘n “Chrismas in July” partytjie. Ek het beplan om die aand net snoesig in my pajamas te lê en TV kyk. Ek en Heinrich het aan die gesels geraak terwyl sy vriend vir my vriendin gewag het om reg te maak. Hulle het my oorreed om saam te gaan na die partytjie en soos hulle sê: “the rest is history”.
Ons is van daardie dag af saam, dit was asof Heinrich altyd deel was van my lewe.
Hoe het julle verloof geraak?
Heinrich het kort nadat ons ontmoet het al planne gehad om te trou. Die idee was om Knysna toe te gaan en my daar te vra maar planne het erg skeef geloop. Hy het sy been gebreek, was op krukke en het ook gehoor dat hy sy werk gaan verloor. Om alles erger te maak het die motor op pad Knysna toe gebreek. Twee jaar later, toe alles baie beter gaan, het hy my na presies dieselfde huisie in Knysna geneem. Die eerste aand daar het hy my buitekant toe geroep. Op die hout dek het hy op sy knie gegaan en my gevra, dit was perfek!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Alhoewel ons van dag een af geweet het ons is bedoel vir mekaar het omstandighede nie altyd saam gespeel nie en ons is eers na sewe jaar saam getroud. Moenie oor haastig iets doen nie, gaan eers saam deur die “dik en dun” van die lewe. Dit het ons net sterker gemaak.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Vertrou mekaar en moenie jou maat se vertroue verbreek nie. Staan saam en maak saam besluite. Moenie dat ander mense julle verhouding regeer nie, dit gaan oor julle en net julle sal weet wat reg is. Lag vir mekaar! Almal het hul snaakse maniertjies. Dit help om die humor daarin raak te sien.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Onthaal: Kilcairn
- Skryfbehoeftes: Lezanne’s Designs
- Trourok: Ilse Roux
- Strooimeisie rokke: Jacoba Clothing
- Fotograaf: Marlize de Lange
- 2de Fotograaf: Tertius Gous
- Koördineerder: Nicola Jane Wedding & Event Specialist
- Dekor: To-nett’s
- Kos & Troukoek: Two Food Fundies
- Troukoek en Beeldjies: Belinda Muller / Wildflower
- Videograaf: Riaan Conradie
- Grimering: Alicia Buckle
- Hare: Hilton Kretzmann @ Point B Hair Salon
- Koffie vir geskenkies: Coffee Excellence