Menanta deel met ons vandag haar en Gerrit-Jan se liefdes verhaal en pragtige troue met ons. Menanta gee ook belangrike advies aan paartjies wat trou, lees bietjie onder oor haar advies. Menanta het die mooiste rok op haar trou dag gedra wat sy gekoop het by Enzoani. Die rok is ʼn Meermin snit met baie mooi kant detail om die nek lyn en haar strooi meisies het rokke van ChiqWawa gedra. ʼn Nuwe tendens vir trou koeke is Rys Krispies koeke en Engela van La Koeka Racha het die smul lekker koek vir die troue gemaak.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het vir baie jare van mekaar gehoor deur ‘n gemeenskaplike vriend wat saam met my op laerskool was en saam met Gerrit-Jan op hoërskool. Dit was immers eers in ons eerste jaar op universiteit tydens ‘n “matriek-vakansie-reünie” (die vakansie waarop Gerrit-Jan nie eers kon gaan nie), waar ons mekaar ontmoet het. Ons het egter eers ‘n jaar daarna begin uitgaan.
Ons vriend eis nogsteeds sy deel van die labola, oor die aandeel wat hy in ons verhouding gehad het.
Hoe het julle verloof geraak?
Gerrit-Jan het in Junie 2012 Engeland toe getrek vir werk en na ek graad gevang het daardie November het ek vir hom kom kuier. Hy het op die oggend van 23 Desember, gesê ek moet ‘n tas pak, want ons gaan met vakansie; nie wat ek moet pak of vir hoe lank nie. Hy het nog daardie selfde aand in ‘n luukse boom huis by Chewton Glen, naby Southampton sy knie afgestof en die vraag gevra, met Riana Nel se Timbuktu in die agtergrond, rooi rose, Moët sjampanje en aarbeie om die stemming te skep.
Hoe lank was jul saam voor getrou het?
Ons was byna 7 jaar saam voor ons getroud is. Alhoewel ons al in Desember 2012 verloof geraak het, is ons eers in Januarie 2015 getroud, omdat ek eers ‘n 2jaar kontrak in Suid-Afrika moes uitwerk voor ek by Gerrit-Jan in Engeland kon aansluit.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?
– Kommunikeer! Kommunikeer! KOMMUNIKEER!
– Vasbyt! Lus-lyk! (Gerrit-Jan se gunsteling in rowwe tye)
– Moet nooit by vriende of familie kla oor julle probleme nie, want more het julle al daarvan vergeet, maar jou ma of sussie vergeet dit nie.
– Doen moeite om vriendskappe met mekaar se vriende op te bou en probeer ten alles koste vermy dat die ander persoon moet kies tussen jou en ‘n vriend of familie-lid.
– Wees bedagsaam
– Bederf mekaar!
– Wanneer jy regtig lief is vir die persoon, kom al die ander mooi goed vanself.
– Gaan saam kerk toe!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Susan du Toit
- Kerk: Nazareth House
- Dekor, blomme en gedeeltelike koördinering: Calenesta
- Spyseniering: Vibe Catering
- Trourok: Enzoani
- Bruidegom: Suit Supply – London (UK)
- Skryfbehoeftes: Pistachio Designs
- Strooimeisies: ChiqWawa
- Blommemeisies: Earth Child
- Ma van die bruid: Peter Bondesio