Ons is absoluut gaande oor die wit-op-wit dekor van Ettiene en Lauriaan se troue wat die kleur van die blomme om die tafels laat plof. Die element van die VW Kombi’s is ook bitter oulik en uniek. Ons sê baie dankie aan Nelis Engelbrecht wat die troue op kiekies vasgevang het.
Hoe het julle ontmoet?
Die eerste keer wat ek Etienne gesien het was my woorde aan my neef: “Sjoe hy is mooi – kan ek hom in katrol?” Omtrent ʼn jaar later het ek hom eers ontmoet deur my neef en so het ʼn vriendskap tussen ons twee ontstaan wat later tot ons verhouding sou lei. Ons het mekaar aangevul en krag gegee waar ons nie altyd besef het ons dit nodig het nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek was bederf met my gunsteling musiek plaat en geneem vir ʼn wegbreek by The One & Only hotel. Net so na die nagereg het die kelner vir ons ʼn bederfie gebring en gesê – “geluk met julle verlowing”. Hy het my toe nog nie gevra om te trou nie… Dikbek kamer toe en toe ons daar instap is hy op sy knie – kamer vol roosblare, chocolates en alles wat mooi is.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was so 4 jaar saam voordat ons getrou het. Ons het verloof geraak 30 November 2013 en getrou 8 November 2014 by Kleine Valleij in Wellington.
Advies aan ander paartjies?
Deur te trou maak jy ʼn belofte aan mekaar voor God en getuies om mekaar lief te hê en by te staan vir ewig. Wees getrou aan mekaar en wees lief vir mekaar. Julle trou dag is JULLE dag – doen wat julle wil en wat julle gelukkig maak. Nooi almal wat jy graag daar sou wou hê om die groot dag te deel – jy trou net een keer. Alles werk perfek uit – al stres jy hoe baie. Moet nooit kwaad gaan slaap nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nelis Engelbrecht Photography
- Venue: Kleine Valleij
- Blomme: Fleur le Cordeur
- Koek: The Hunt House Kitchen
- Kos: Malita Joubert Catering
- Trou rok: Maggie Sottero
- Bruidegom pak: Hugo Boss
- Juwele: Hayley Goodrich Accessories
- Grimering: Iza Cloete – Hair & Makeup Artist
- Strooimeisie rokke: Miss Friday @ YDE
- Platejoggie: DJ Dean SA
- Trou kombi’s: Classic Kombis
- Vinyl teen die muur / 10 WAYS TO LOVE: Visual Graphix
- Dekor: Baie Goeters
- Koördineerder: Sunita Van Dyk (Kleine Valleij)
- Bruid se hare: Studio Pascal – Mary Ann Joffe
- Strooimeisies se hare: La Rochelle’s Hair – Anel Lerm
- Geskenkies / Behou die datums: I do Box