Elaine Otto van Elaine Otto Photography het dié mooi doen-dit-self troue vas gevang op asemrowende mooi kiekies. Ons weet hoe baie jul van doen-dit-self troues hou en dus is ons baie opgewonde om dit met jul te deel. Marileze en Danie deel ook albei graag hul storie oor hoe hul tot troue gekom het.
Hoe het jul die eerste keer ontmoet?
Marileze:
Ek het hom gesien voor ʼn dans plek in George. En ʼn paar maande daarna in Pick ʼn Pay. Op die ou einde het vriende ons amptelik voorgestel by ʼn braai in die vorm van ʼn “blind date” nadat hulle al baie lankal wou.
Danie:
Ons eerste ontmoeting was by ʼn braai, “blind-date” soos ons goeie vriende dit sou noem. Maar die eerste ontmoeting was nie naastenby so wonderlik soos die eerste keer wat ek haar gesien het nie, in PnP. Ek het van daai dag af geweet dis die vrou wat ek wou trou. Die eerste ontmoeting het eers maande later gebeur.
Hoe het jul verloof geword?
Marileze:
Hy het my geneem bo op ʼn berg en in die agtergrond was daar ʼn dam wat in die vorm van ʼn hart was. Daar het hy op sy knieë gegaan met die woorde : Ek wil vir ewig so saam met jou wees…
Danie:
Ons het verloof geraak op die heel hoogste punt van die Outeniqua berg wat George omhein. Dit was ʼn baie koue winters oggend, ek onthou ek het gemaak of ek iets verloor het in die bos en toe sy kom kyk wat aangaan het ek op my knieë gegaan en haar gevra om te trou.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het:
Marileze:
3 jaar en 4 maande
Danie:
Ons was ʼn goeie drie jaar saam voor ons getrou het.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee:
Marileze:
Wees saam kreatief en doen dit self!
Danie:
Vir toekoms – doen alles saam, moet niks vir mekaar weg steek nie en wees eerlik.
Vir trou – kry iets om op vastebyt en bly by die vooraf bespreekte reëls, veral by gaste.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Elaine Otto Photography
- Rok: Bride & Co Canal Walk
- Grimering: Bruid self
- Hare: Aniska – Hair Affair Worcester
- Verblyf & aantrek venue: Picardi Place
- Onthaal Venue: Kirabo Private Cellar
- Kolwuntjies: Lezanne Cilliers
- Tulpe: Bloomia
- Blomme: Bunches for Africa
- Blomme: Woolworths
- Wyn: Kirabo Private Cellar
- Sjampanje: Lutzville Kelder
- Dekor: Bruid & bruidegom