Bertus & Lianda se oulike troue

Ons deel vandag Bertus en Lianda se baie oulike troue met julle met ‘n ongelukkige twis aan die einde.  Lianda deel met ons hul emosionele storie om hul troudag en dit bewys net weer dat paartjies getoets word en dat alles nie net maanskyn en rose is nie.  “Ons troudag het te vinnig verby gegaan en ek wens ek kon alles weer oordoen …. Dis eintlik ‘bitter sweet’, want ons is van so ‘n hoog na so ‘n laag toe na ons troue.

Die dag na die troue op pad huis toe, het ons ons katjie voor in die pad gekry.  Iemand het hom dood gery – hy was ook as ‘n koek beeldjie op ons koek.  Ek het gehoop hy sou die kat wees wat eendag saam ons kinders sal oud word. Ons het ons oë uitgehuil op pad na ons wittebrood toe. Kersie op die koek is dat toe ons terug is van wittebrood af was my man ‘retrenched’ by sy werk… So, ons eerste maand as getroudes het nie baie wonderlik begin nie, maar gelukkig het die Man daar bo na ons omgesien en my man het binne drie weke weer ‘n nuwe werk gekry!”

Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0001 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0002 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0003 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0004 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0005

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het nog altyd geweet van mekaar. My ma het Bertus-hulle se huis op Malmesbury destyds aan hulle verkoop, my pa en Bertus se ma het saam gewerk en Bertus se broer (Hardus) was saam my in die Laerskool en Hoërskool. Bertus sou gewoonlik vir Hardus by my huis kom aflaai wanneer daar gekuier was. Na so paar jaar en paar Facebook kommentaar later het Bertus my genooi vir ‘n drankie by Bosa Nova in die Paarl … Die res is geskiedenis.

Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0006 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0007 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0008

Hoe het julle verloof geraak?


Bertus het my gevra op ons drie jaar herdenking. Ek was werk toe soos normaal toe my baas ‘n  A4 koevert in my hand stop en sê ek moet die instruksies volg. Dit was ‘n padkaart tot by Blouberg strand. Ek het twee keer verdwaal op pad en toe by die strand aangekom waar Bertus vir my in die parkeer area gewag het. Hy het my oë toegemaak en strand toe gelei. Voor op die strand was ‘n groot banier met “Sal jy met my trou” op, ‘n kombers en piekniek mandjie. Toe ek wou omdraai om hom te sien was die man reeds op sy knie …

Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0009 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0010 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0011 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0012 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0013 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0014 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0015 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0016 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0017 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0018 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0019

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was vier jaar saam voor ons getrou het. Ons het saam besluit om eers ten minste ‘n jaar saam te bly voor ons verloof raak. Die saambly het ons gehelp om baie meer van mekaar te leer en mekaar beter te verstaan.

Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0020 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0021 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0022 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0023

Advies aan ander paartjies?


Moenie oor die fynere detail bekommerd wees nie. Die gaste weet 99% nie hoe alles moet lyk nie. Geniet die beplanning en geniet die troudag! Vind ‘n plekkie gedurende die aand waar dit net julle twee is, luister na die mense, die musiek en neem dit in – dit gaan TE gou verby.

Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0024 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0025 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0026 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0027 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0028 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0029 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0030 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0031 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0032 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0033 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0034 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0035 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0036 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0037 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0038 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0039 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0040 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0041 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0042 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0044 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0045 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0046 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0047 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0048 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0049 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0050 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0051 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0052 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0053 Lianda & Bertus se troue soos gesien op Mooi Troues_0054

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue: Simondium’s Country Lodge
  • Decor en Blomme: Mint & Magnolia
  • Fotograaf: Desert Rain Photography 
  • Videograaf: Pie in the Sky
  • Hare en Grimering: Melissa van Wyk
  • Trourok: Elegant Flair
  • Strooimeisie Rokke: Forever New
  • Platejoggie: DJ Edwin Deyzel
  • Koek: The Cake Lady
  • Koek Beeldjies: Lady & Gentleman Cake Toppers
  • Roomys: Cold Gold

[endsection]