Die liefde het nie dadelik geblom tussen dié twee nie en na 2 jaar danksy Esti se broer het die liefde begin blom, maar daar was toe ook die aspek van afstand…
Liefde het gewen en die paartjie het tot trou gekom. Lees onder meer oor hul uitdagings en liefdesverhaal.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Estie het Antoni die eerste keer ontmoet 2 jaar voor hulle begin uitgaan het. ‘n Jaar later trek Estie saam met haar broer in by dieselfde woonstelblok as Antoni. Op daardie staduim was Estie besig met haar tesis en soos dit moes wees kon Antoni vir haar daarmee help, danksy haar broer wat vir haar aangeraai het om hulp te vra by Antoni. Een koppie koffe het na baie sulke “afsprake” gelei.
Hoe het julle verloof geraak?
Op daardie stadium het Antoni in die Noord-Kaap gewerk en Estie in die Wes-Kaap. Hulle het mekaar net een keer ‘n maand gesien oor ‘n naweek, die afstand het die liefde tussen hulle sterker gemaak. Antoni het Estie se hand gevra in Mei van 2014 op ‘n graniet koppie buitekant Springbok waar daar niks of niemand was nie. Hy het op sy knie gegaan en voor hy nog sy vraag kon klaar maak het sy klaar die ja antwoord gegee.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was saam vir 2 jaar en 11 maande.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Doen “date nights”.
Praat met mekaar as julle ongelukkig is en kry ‘n oplossing. Moet NOOIT kwaad vir mekaar gaan slaap nie. Neem mekaar se keuses, gevoelens in ag.
Gaan doen aktiwiteite saam wat julle albei van hou.
Belangrikste: GENIET MEKAAR.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lorinda Spies
- Onthaal: Leeuwrivier
- Dekor: Classy Hire
- Spyseniering: Linda Bruyns
- Platejoggie: Hein de Swardt
- Troukoek: Rozanne Henning
- Hare en Grimering: Melissa van Wyk
- Trourok: Bride & Co
- Bruidsmeisie rokke: Woolworths
- Troue boutonnieres: Paper Paradise
- Bloemis: Corlia Mouton
- Troukar: Mossie Mouton