Vandag deel ons met jul die tweede gestileerde fotosessie van 6 en die span was die wenners. Die 6 spanne het ingeskryf vir ‘n Mooi Troues kompetisie. Ons deel die fotosessies met jul in geen spesifieke volg orde. Hoop jul word goed geïnspireerd deur die fotosessies.
Vertel ons bietjie van die plek van die fotosessie
Oak House is geleë in die klein myners dorpie, Cullinan, Noord-Oos van Pretoria. Die dorp is propvol natuurlike en estetiese skoonhede, wat Oak House die perfekte venue maak waar mens beide die historiese asook die kulturele waardes van Pretoria se diamante kan beleef. Oak House is gebou in die vroeë 1900’s vir die algemene bestuurder van die diamantmyn.
Vertel ons meer oor die gestileerde fotosessie
Die tema vir ons gestileerde fotosessie is geïnspireer deur die huidige winter seisoen, asook die geskiedenis ryke dorp en Oak House. Ons wou die tydlose glans van die vroeë 1900’s asook 2015 se kleur van die jaar nl, Marsala, weerspieël in ons keuse van tema. Ons het gebruik gemaak van hedendaagse modes deur middel van die 3-laag troukoek, asook van pastel kleure. Dit is gekombineer met ‘n dramatiese gevoel wat sterk deurkom in ons skryfbehoeftes, grimering en hare van ons model asook die teksture en verskillende materiale wat gebruik is. Die kombinasie van kant, pêrels, silwer en pels beklemtoon die tydlose gevoel wat ons wou skep. Die bok horings gee verseker ‘n “wow” aspek aan ons tema en pas perfek in saam met ons dramatiese gevoel. Meeste van die ou silwerware is oorspronklike stukke uit die vroeë 1900’s.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Linda Vos
- Venue en Dekor: Oak House Venue
- Koek: La Koeka Racha
- Hare en Grimering: Private M Collection
- Skryfbehoeftes: Iheartdesign