Vakansie romanse is geneig om na iets meer te lei as net romanse en lang afstand verhoudings is ook baie moeilik vir sommige, maar hier het Johan en Savannah alles verkeerd bewys. Rol af om meer van dié paartjie se prag troue te lees.
Hoe het julle ontmoet?
Ek het in Suid-Afrika kom kuier van die V.S.A af, en het by my neef gebly in Durban, ons het een aand uit gegaan na ‘n plaaslike watergat, en ek het Johan oorkant die kamer gesien, en gapend vir my neef gesê “Asseblief sê vir my jy ken hom?”, snaaks genoeg het hy hom geken, want hulle het vir dieselfde rugby span gespeel, so hy het ons voorgestel. Ek moes 2 dae later terugkeer VSA toe maar het geweet daar was iets spesiaals en anders as ooit tevore , so ek het my vlug 1 week uitgestel om te sien waar dinge sal gaan, en kyk waar is ons vandag.
Hoe het jul verloof geraak?
Savannah het die 20ste April vanaf die V.S.A gearriveer, ek het vir haar gesê ons het ‘n 21ste verjaarsdag in Dundee gehad, die naweek van die 25ste April, so Vrydag kom en ek sê vir haar ons moet vroeër gaan want ek moet iets vir my ma gaan aflaai by iNsingizi Lodge op pad Dundee toe. Min wetend dat ek georganiseer het dat in ‘n lapa wat op ‘n dam uitkyk opgestel was met roos blare, sjampanje ens. Ons het daar gearriveer en Savannah het die gedoente gesien en gesê “Wow kyk hoe romanties is dit! Ek wonder vir wie dit is?” en toe sy omdraai was ek op die knie en gevra of sy my die gelukkigste man op aarde sal maak, ons het toe die aand daar deurgebring.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons was saam gewees vir 3 en ‘n half jaar, en het lang afstand tussen S.A en V.S.A gedoen vir helfte van daardie tyd.
Advies wat jul aan ander paartjies wil gee?
Die huwelik gaan oor die vereniging van twee sielsgenote onder die seën van die Here. Jy word mekaar se belangrikste prioriteit en bo alles ondersteun mekaar in alles wat jul toepas. Wees goedgesind met begrip en moet nie onverdraagsaam teenoor mekaar se verskille wees nie. Tekortkominge in ‘n verhouding is wat dit so perfek maak. Mense sê elke persoon moet 50% te gee aan die verhouding – nie waar nie. Elke persoon moet 100% van hulself gee. Die belangrikste is vertoon die klein dingetjies- geniet jou lewe saam met jou beste vriend.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Matt Masson
- Venue: Maroupi, Umhlali KZN
- Hare en Grimering: Makeup Your Mind
- Blomme: Mari van Wyk
- Platejoggie: Cameron Claasens