Liefde en tyd is nou twee goed wat nie altyd perfek saam speel nie, maar sodra hul paadjies kruis is dit neusie verby. Lees gerus hier onder hoe Corné ons vertel hoe tyd met hul gespeel het en hoe die tyd toe uit eintlik reg was.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het in 2004 ontmoet, ek was in matriek en Johann 1ste jaar op Stellenbosch. Ons het daardie tyd geweet ons is mal oormekaar, maar ek het planne gehad om oorsee te gaan en Johann was besig om te studeer, en albei natuurlik te skaam om vir mekaar te sê hoe ons voel, het ons vereers vriende gebly, maar het altyd in kontak gebly oor die jare, intussen het ekke terug gekom SA toe, en Johann is toe weer oorsee, dit was eers in 2011 toe Johann terug is, wat ons op ons eerste “date” gegaan het. Na daardie aand het ons geweet ons is bedoel vir mekaar.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het Desember 2013 Kruger wildtuin toe gegaan vir vakansie saam my familie, dit is my heel gunsteling plek in die wêreld en sal dit nooit vir enige ander vakansie opgee, en Johann het dit geweet, so dit was die perfekte tyd gewees om verloof te raak, Johann het die 3de Januarie 2014 vir my hotel toe gevat wat boomhuisies het wat oor die Sabie Rivier kyk, perfekte sonsondergang, met die roep van leeus in die verte gevolg met Johann wat toe op sy knie gaan en vra of ek die res van my lewe saam hom wil spandeer!! Beter kon ek nie voor gevra het nie.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was net oor die 2 jaar saam gewees toe raak ons verloof, en ons was net 11 maande verloof toe trou ons op 1 November 2014
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet elke oomblik saam, tyd is kosbaar. Maak altyd seker daardie persoon weet hoe lief jy hom/haar het.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lilac Photography
- Venue: Uitkijk Farm
- Rok: Elizabeth Stockenstrom
- Grimering en Hare: Martie at Lifestyle Emporium
- Musiek: DJ Chopper (SA)
- Dekor: Downings en Baie Goeters
- Videograaf: Mediatwo Bolandweddings