Hannes en Maret het op Universiteit ontmoet en nie lank daarna het die liefde tussen hul begin blom nie.
Hannes het sy sjarme, kook vernuf en woorde gebruik om Maret te vra om sy vrou te word. Ons gaan nie meer verklap, jul kan dié romanties storie self onder lees.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons is ‘n trotse maties paartjie. Gedurende ons studente jare het ons vinnig by ‘n koshuis funksie ontmoet. Hannes was 2de jaar in Dagbreek ek was 1ste jaar Serruria. Ons het kort daarna mekaar raakgeloop in die Universiteit biblioteek, ‘n week daarna het Hannes my genooi na sy huisdans. Die huisdans was ons eerste geleentheid saam, en dit was na afloop van die dans baie duidelik dat ons mekaar weer en meer wil sien.
Hoe het julle verloof geraak?
Hannes het die aand voor my verjaarsdag my voete onder my uitgeslaan met ‘n tuis ete. Hy het op daardie stadium op ‘n plaas tussen wingerd gewoon, daar was maklik 100 kerse en 50 rose gebruik vir die ete. Met aankoms was daar vir my ‘n rok uitgesit, champagne by oorvloed en die beste kos deur Hannes self voorberei. Die ete was afgesluit met ‘n gedig wat die GROOT vraag gevra het J
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het in 2008 begin uitgaan, en op 21 Februarie 2015 dit offisieel gemaak.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Maak seker jy kies jou beste vriend/vriendin as jou lewensmaat, dit maak alles soveel beter, lekkerder en meer as die moeite werd!
- Videograaf: Boland Weddings
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nikki Meyer
- Rok: LeSeuer
- Foto hoekie: Pie in the sky