Dit is altyd goed om jou lewensmaat te ontmoet deur ‘n buitemuurse aktiwiteit waarin jul albei deel neem of sosiale bykomstighede wat daarna plaasvind… Rian het ook aan Charlotte ‘n brief geskryf wat sy op hul troudag gelees het en die woorde trek die hart snare. Die paartjie se troue was op Charlotte se ouers se plaas en die dekor was absoluut ‘n goeie kombinasie van skoon lyne en plaas elemente wat deur die paartjie se familie en vriende gedoen was.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons albei het professioneel fiets gery en so ook die Argus Cycle Tour gery. Ek (Charlotte) het my 21ste verjaarsdag na die Argus by ’n restaurant, La Med, in Kamps baai gehou. Ek en Rian het daar ontmoet en ons het dadelik “geclick”! Ek het hom genooi om by my ouers se plaas wat halfpad terug Pretoria toe is oor te stop en die volgende dag het hy my gebel en gevra vir aanwysings.
Hoe het julle verloof geraak?
Rian het ’n fiets resies saam met sy span gedoen in die Paarl en hy het voorgestel dat ons dit sommer ’n kuiertjie in die Kaap maak. Hy het gesê hy het vir ons verblyf geboek so entjie uit die stad en dit was by Old Mac Daddy’s naby Elgin. Ons het aandete by Old Mac Daddy’s restaurant gehad. Rian het gesê hy het vir ons nagereg iewers uitgesit… Ek volg hom toe en daar op die hout dek wat oor die dam uitkyk is net kersies orals. Hy het my hand gevat en op die mooiste manier gevra of ek sy vrou’tjie wil wees!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 3 jaar 10 maande saam voor ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Hou heeltyd ingedagte waaroor die dag gaan, oor man en vrou wat liefde aan mekaar voor die Here, familie en vriende beloof. Dit laat die klein goedjies klein bly. Ons het op my ouers se plaas getrou en dit was so persoonlik en rustige atmosfeer. Kry ’n goeie fotograaf, dit is so lekker om die dag weer deur ons mooi foto’s te kan herleef. Ennn geniet elke oomblik van hierdie spesiale dag!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Capture the Moment Photography
- Venue: Lormar Endurance Horse stud & Guest Farm
- Blomme: Leana Bloemiste van Middelburg
- Kos: Fairfield Foods
- Sanger: Marc Anthony Kock
- Grimering: Touch of Beauty
- Dekor: Familie en vriende
- Skryfbehoeftes: Sunbird Media