Grethe en Francois het ‘n baie oulike liefdes verhaal. Hulle het hul troue op 20 Desember 2014 gevier by die Albertina Hotel en het ‘n mooi Plaas tema troue gehad wat Stey’nlove Wedding and Events vir hul beplan het. Francois het met behulp van Atonie die troue se blomme gedoen. Ons sê baie dankie aan Nikkie Fivaz vir die pragtige fotos van die troue.
Gaan lees oor die paartjie se liefdes verhaal en die mooi fotos.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Hierdie deel van ons storie voel amper soos “How I met your mother”, want ons het mekaar ‘n hele paar keer ‘ontmoet’, maar in 2010 by my huisdans het die vonke gespat. Hy was nie my metgesel nie, maar ek het sy oog gevang. Ons het ‘n paar lekker danse gehad en daai Sondag na die huisdans kry ek ‘n SMS: ” Hello Grethe, dis Gulu. Wil jy more ‘n koffietjie gaan drink?”. Dit was die begin van ons liefdes verhaal.
Hoe het julle verloof geraak?
Spontaan! Dit is hoe ek in ons vier jaar vir hom gesê het hoe my verlowing eendag moet wees. Shame, dis basies ‘n onmoontlike taak om ‘n ring, die grootste besluit van jou lewe en ietsie romanties ‘spontaan’ te doen. Hy het naby genoeg gekom. Ons was op hulle familieplaas. Hy het my baie senuweeagtig gevra of ek saam met hom wil kom vier wiel motorfiets ry. Iewers tussen niks en nêrens sê hy ek moet stop (ek het gery) en in een beweging is hy af van die vier wiel af, op sy knie, boksie uit(en oop) en daar vra hy: “Grethe, sal jy omgee om my vrou te wees?”. Ek sê toe “nee” op die belangrikste “ja-woord” van my lewe.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Bietjie meer as 4jaar.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Gulu sê altyd die grootste geskenk wat ek vir hom gee is dat hy net homself kan wees. Ek dink dis ‘n baie goeie beginpunt.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nikkie Fivaz Photography
- Koördineerder: Stey’nlove Weddings & Events
- Onthaal en Spyseniering: Albertinia Hotel
- Gastehuis waar die bruid aangetrek het: Skilpadgat