Vandag se gestileerde fotosessie was geïnspireer vir die bruidspaartjies wat verkies om hul eie troue te beplan en miskien iets anders wil doen. Wees gewaarsku dat daar baie werk in so ‘n projek ingaan. Terselfdertyd kan dit ook pret wees en die bond tussen julle sterker maak. Jul voorkeure en smake as pasgetroude paartjie sal julle gaste ‘n deeltjie van julle gee.
Venue
Ons het besluit om dit by die ikoniese Winchester Mansions Hotel in Seepunt te doen. Die Hotel was opgerig in 1922 en kan 50 – 120 gaste akkommodeer en bied verskeie opsies aan wat wissel vanaf R2500.00 tot R9,500.00 vir die lokaal huur. Hul behulpsame Funksie Bestuurder sal die beste opsie vir jul voorstel en ook help met spyskaart keuses asook vele ander diensverskaffers.
Fotograaf
Ons het baie van die Hotel se ouwêreldse binnehof gehou wat 4 verdiepings hoog is met pragtige rankplante teen die mure. Dit was ‘n baie mooi element in ons fotosessie. Angelique Smith se oog vir romanse het ons visie baie goed op kiekies vasgevang.
Tafel Dekor
Die Tafel Dekor was baie kleurvol om die Groenheid van die rankplante te komplimenteer. Ons het vir ‘n Middagtee tema tafel opset gegaan. Al die tafel dekor het ons gekry van ons Poetry Stores. Hul produkte het perfek by ons visie gepas. Die kreatiewe Melissa van Pretty in Stains het gehelp met die skryfbehoeftes.
Blomme
Die tafel se blomme rangskikking en hand ruiker het ons self gemaak en die lieflike blomme het ons gaan self kies en koop by die blomme mark by Kaapstad stasie. By die blomme mark is die blomme verkopers vreeslik behulpsaam en dit is lekker om self jou eie blomme te kies en jou verbeelding vrye teuels te gee.
Word deel van ons projekte
By Mooi Troues wil ons lesers deel maak van ons projekte. Jeanré het ingeskryf om ons model vir die dag te wees. Die baie gewilde grimering en haarstilis Chantelle Landman het Jeanré se grimering en hare gestileer. Jeanré het ook 2 verskillende rokke van die bekende Janita Toerien gedra.
Agter die skerms
Ons het die element van ‘n VW Minibus 1967 ook ingebring in die gestileerde fotosessie wat Gunther Schubert met sy besonderse oog vir kuns afgeneem het voor die Hotel waar die weer lieflik was. Gunther se tweede deel van sy fotosessie was gehou by Pebble Beach met die 12 Apostels Berg reeks in die agtergrond. Hier was almal, veral Jeanré, se talente beproef want die wind het gewaai nes dit kan waai in die Kaap. Dit was ook bitter koud.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Angelique Smith
- Hotel: Winchester Mansion Hotel
- Model: Jeanré du Preez
- Blomme: Mooi Troues
- Dekor: Poetry V&A Waterfront
- Skryfbehoeftes: Pretty in Stains
- Grimering en Hare: Chantelle Landman
- Rokke: Janita Toerien
- Minibus Fotos: Gunther Schubert