Chantal en Geoff was baie lank saam voordat hul getrou het, want Chantal sê sy het vir Geoff wag om haar te vra…. Die element van Krismis rose het ook die paartjie se troue ‘n vreeslike romantiese gevoel gegee en was perfek vir ‘n Desember troue. Chantal sê die onthaal se blomme was besonderse en die blomme rangskikking voor my die Kapel waar sy haar Bruidegom ontmoet het, het absoluut haar asem weg geslaan.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het in 1995 ontmoet toe ons by dieselfde maatskappy gewerk het. Maar ons het mekaar slegs nou en dan in die gange gesien. Geoff het my altyd probeer groet, maar in daardie dae was ek te skaam om iets te sê! Dit was slegs ‘n paar maande later, toe ek by ‘n ander maatskappy gaan werk het, dat hy my bel om my te nooi vir drankies. Dit was die begin van ons liefdes verhaal en ons is nou al amper 20 jaar saam!
Hoe het julle verloof geraak?
Geoff het my gevra om te trou op 21ste Junie 2013.
Aangesien ons al baie lank saam is, het ek hom al ontelbare keer gevra oor wanneer hy met my sal trou! Selfs al is ek nie heeltemal tradisioneel nie, wou ek tog hê die vraag moes van hom af kom. Geoff is nou nie juis vreeslik romanties nie (hy sal dit teen stry), maar ons gaan pizza eet op ‘n gewone Vrydag aand…. en toe uit die bloute, kom die vraag. Dit was totaal onverwags en ek glo nie eers Geoff het dit beplan nie!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was al 19 jaar saam!!
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Ek gaan nie lieg nie. Beplanning van ‘n troue klink baie opwindend, maar dit kan baie stresvol wees. As jy dit kan bekostig, stel ‘n trou koördineerder aan. Ons het die besluit geneem om nie die familie in die beplanning betrokke te maak nie. Geoff se ma het aangebied om die blomme te doen, maar ons wou hê sy moes ontspan en die dag geniet. Die dag gaan so vinnig verby. Geniet dit en probeer om elke oomblik te absorbeer!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Agapé Studio. Photo & Video Productions
- Rok: Ilse Roux Bridal
- Venue: Nooitgedacht Estate
- Platejoggie: DJ Dean
- Musikante: Simply Strings
- Koek Beeldjies: Ladies & Gentlemen
- Blomme & Dekor: Botanica Flowers
- Grimering & Hare: Joleta Keane
- Bruid skoene & Strooimeisie se rokke: Anella Wedding Shoes
- Ringe: Van Deijl
- Skryfbehoeftes: Susan Brand Design