Advies: Hoe om jou trouring te kies

Trouring koop is een van die mees moeilikste dinge om oor te besluit.  Maak dus seker jy lees die onderste advies artikel en deel dit met almal wat jy weet gaan trou. ‘n Trouring is ‘n baie belangrike deel van jou huwelik.  Dit is iets wat jy elke dag sal dra om jou te onthou van jou spesiale dag en julle liefde vir mekaar.

A

Begroting:


Die begroting is heel moontlik die eerste ding waaroor jy moet besluit, omdat dit vir jou ‘n idee gaan gee by watter tipe plekke en -ring soort jy kan soek. Dit help nie jy kyk na ‘n duur ring, maar jou begroting is net ‘n kwart van die ring wat jy ingedagte het en na soek nie. Dit is net ‘n realiteit dat nie almal ‘n duur ring sal kan bekostig nie, maar dit is nie die einde van die wêreld nie. Daar is baie mooi goedkoper ringe op die mark as wat jy dink.

Begin vroegtydig te soek:


As jy iets baie spesifiek soek moet jy lank voor die tyd al begin soek, veral as jy iets moet laat maak van die begin af en nog deur die hele ontwerp en maak proses moet gaan. Al koop jy ‘n klaar gemaakte ring, moet jy ingedagte neem dat jy miskien ietsie daarop wil verander of dit kleiner of groter wil laat maak, wat self nog ‘n tydjie sal neem om te doen.

Wees anders as die normaal:


By ‘wees anders’ bedoel ons dat jy iets soek wat by jou pas en nie wat goed lyk op die juwelier se hand of die model waarop jy dit sien nie. Moet nie bang wees om iets nuuts te probeer nie of miskien weg te breek van jou normale alle daagse juweliersware wat jy lief is om te koop nie. Probeer ander metale en stene en jy sal verbaas wees hoe baie daar is wat miskien mooi sal lyk op jou vinger en hand. Jou ring hoef nie dieselfde metaal te wees as jou bruidegom of bruid sin nie. Dit kan anders wees, en maak partykeer ‘n mooi kombinasie. As jy nie probeer nie, sal jy nooit weet nie.

E

Kies iets prakties:


Meeste paartjies is werkende paartjies en sal self die skottelgoed moet was en later kinders moet groot maak met die ringe aan. As jy ‘n sekere werk het of ‘n sekere leefstyl het, kies ‘n ring wat daarby sal inpas en nie ongemaklik sal wees om te dra of sal beskadig in jou leefstyl omstandighede nie.

Maak seker dit is die regte grootte:


Dit help nie jy koop ‘n ring wat te los sit nie, net omdat jy bang is jy gaan gewig optel na jou troue nie, en net so help dit ook nie jy vat ‘n ring wat te klein is nie, omdat jy bang is jy verloor te veel gewig voor jou troue nie. Kies ‘n ring wat op jou vinger pas die tyd wanneer jy dit koop en maak seker jy pas die ringe aan en dat die grote lekker gemaklik sit op jou vinger. Vrae ‘n juwelier om jou te help met die perfekte ring grote.

Dink aan die toekoms, nie net nou se modes nie:


Modes kom en gaan. Almal wil nou die nuutste modes hê, maar maak seker dat jy ‘n ring tipe kies wat neutraal en klassiek is en wat nie oor die volgende paar jaar oumodies gaan wees nie. Dink aan iets wat oor die jare mooi sal bly en nie noodwendig onmiddellike herken kan word aan ‘n seker tydperk nie. Dit is ‘n baie duur kopie, so maak seker dit is iets wat jou vir altyd sal hou.

C

Kyk na die Kwaliteit:


Kwaliteit is baie belangrik, veral as dit kom by die verskillende metale asook stene. Maak seker jy vat iets wat in gaan pas by jou tipe leefstyl en alledaagse take. Kyk of die juwelier se kwaliteit van ‘n goeie gehalte is en kry tweede opinies van verskillende juwelier makers, om seker te maak dat jy jou feite bymekaar het en die regte besluit neem. Moet nie net vir die eerste goedkoopste ring gaan sonder om twee keer te dink nie. Onthou deesdae is baie goed oor gespuit, so maak seker hoeveel karaat dit is en al die ander feite wat jy bymekaar sal kry as jy jou navorsing doen. Skryf alles neer om jou te help onthou wat jy na moet uitkyk.

Verskering:


Maak seker dat jy jou ring verseker, al dra jy hom nie. Mens kan nooit te veilig wees nie. Die oomblik wat jy jou ring koop kan jy dit verseker en maak seker jy verseker dit vir die regte waarde en nie onder dit nie. Lees ook jou versekering se terme en bepalings en maak seker dat jy dit verstaan voor jy dit verseker.

D

Maak dit gereeld skoon:


‘n Belangrike punt wat min mense eintlik nakom. Dit is om jou ring of enige juweliersware skoon te laat maak. As mens se juweliersware vuil raak kan dit, dit meer beskadig as wat jy dink. Wat is dan nou mooier as ‘n mooi blinkerige ring?

Maak seker jy het ʼn bêre plakkie vir jou ring:


Jy sal verbaas wees hoe baie mense al hulle ringe verloor het. Dit is ietsie klein en kan baie maklik verplaas word of per ongeluk tussen die vullis in die drom gaan. So maak seker jy sit dit vêr weg op ‘n plek waar jy dit weer sal vind soos ‘n boksie of kluis.

B

Krediet:

Geskryf deur: Mooi Troues