Julian & Bianca se oulike troue

Met die eerste keer wat Julian vir Bianca uigevra het op ‘n geleentheid het Julian vir Bianca verras. Die grootste verrassing was toe hy die JA woord vir haar vra. Lees eerder jouself oor die details.

Bianca & Julian se troue_0002 Bianca & Julian se troue_0003 Bianca & Julian se troue_0004 Bianca & Julian se troue_0005 Bianca & Julian se troue_0006 Bianca & Julian se troue_0007 Bianca & Julian se troue_0008

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Gedurende ‘n lang naweek by ‘n kampeerterrein in Robertson het ons vir mekaar begin ogies maak. Julian het my saam genooi na ‘n uitgaan plek op die dorp en dit was vir my verskriklik snaaks dat hierdie Engelsman my nooi na ‘n Afrikaanse langarm plek. Dit het ons sowat drie maande gevat om uiteindelik by uitgaan te kom, maar soos hulle sê “die res is Geskiedenis.”

Bianca & Julian se troue_0009 Bianca & Julian se troue_0010 Bianca & Julian se troue_0011 Bianca & Julian se troue_0012

Hoe het julle verloof geraak?


Robertson Wacky Wine 2014 het ons die Saterdagaand by die Klipdrif tent gekuier. Julian het later die aand begin snaaks optree, ek het geweet iets is aan die broei, maar ‘n verlowing was die laaste ding wat ek vermoed het. Desmond Wells, die Afrikaanse sanger het ons op die verhoog geroep. Ek het gedink Julian probeer ‘n grap maak en dat ons gaan sing. Hy het oor die mikrofoon begin praat, maar die gehoor het so gejuig dat ek nie kon hoor wat hy sê nie, maar toe hy op sy knie gaan het die trane gespat en het ek presies geweet wat aangaan. ‘n Koppe telling is net na ons verlowing gedoen, daar was 2000 mense in die gehoor en ‘n professionele fotograaf het alles afgeneem, ons het ook ‘n hele paar video’s ontvang – dis baie spesiaal as ‘n mens na die tyd weer daardie oomblik kan herleef.

Bianca & Julian se troue_0013 Bianca & Julian se troue_0014 Bianca & Julian se troue_0015 Bianca & Julian se troue_0016 Bianca & Julian se troue_0017

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was Vyf en ‘n half jaar saam voordat ons getrou het.

Bianca & Julian se troue_0018 Bianca & Julian se troue_0019 Bianca & Julian se troue_0020 Bianca & Julian se troue_0021 Bianca & Julian se troue_0022 Bianca & Julian se troue_0023 Bianca & Julian se troue_0024 Bianca & Julian se troue_0025

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Die dag gaan oor die bruid en bruidegom en niemand anders! Ons dag het Julian en Bianca weerspieël en almal was mal daaroor.

Bianca & Julian se troue_0026 Bianca & Julian se troue_0027 Bianca & Julian se troue_0028 Bianca & Julian se troue_0029 Bianca & Julian se troue_0030 Bianca & Julian se troue_0031 Bianca & Julian se troue_0032 Bianca & Julian se troue_0033 Bianca & Julian se troue_0034 Bianca & Julian se troue_0035 Bianca & Julian se troue_0036 Bianca & Julian se troue_0037 Bianca & Julian se troue_0038 Bianca & Julian se troue_0039 Bianca & Julian se troue_0040 Bianca & Julian se troue_0041 Bianca & Julian se troue_0042

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Alicia S Photography
  • Venue en Spyseniering: Wolfkloof Boutique Winery
  • Bruid se ruiker: Bijoux Jewellery
  • Bruid en gevolg se juwele: Bijoux Jewllery
  • Ligte en musiek: Gareth James Music
  • Hare: Mienique @ Mienique Hair Studio
  • Dekor en Blomme: Bruid Self
  • Rok: Lorraine Beelders