Debbi en Ryan het mekaar ontmoet op skool, maar Ryan het na skool vir โn paar jaar oorsee gewerk. Met sy terug keer na Suid-Afrika toe het hy en Debbi eers liefde bymekaar gevind. Ryan het een van die mees romantiese manier vir Debbi gevra om te trou. Ons gaan nie meer veel verklap nie. Lees self die paartjie se storie. Ons sรช โn spesiale dankie aan Pretty in Stains vir die beplanning en dekor van die prag troue en Adene Nieuwoudt vir die fotos.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Hierdie vraag laat ons altyd lag! Ons was saam op skool. Ons beste vriende was โn paartjie (en is nou gelukkig getroud) en het altyd probeer om ons bymekaar uit te bring. Nadat Ryan sy skoolloopbaan voltooi het, is hy vir โn paar jaar na Brittanje. Met sy terugkoms het ons vriende amper dadelik weer probeer om ons bymekaar uit te bring. Ons het mekaar een of tweemaal saam met ons gemeenskaplike vriende gesien en toe een aand het ons mekaar raakgeloop en sedertdien is ons pal bymekaar.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was die mees betowerende aanbod. Dit was โn tipiese perfekte Winterdag in Kaapstad. Sonnig, met geen wolke of wind nie, behalwe vir โn klein briesie in die lug. Ryan het my verras met โn helikoptervlug oor Seepunt, Kampsbaai en Clifton. Met die son wat besig was om te sak, die kalm see onder ons en die majestueuse berge om ons, het hy my gevra om te trou. Op daardie oomblik het dit gevoel asof ons die enigste twee mense in die wรชreld was.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
โn Baie lang tydโฆnet meer as 9 (baie gelukkige) jare!
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Kommunikasie, vertroue, respek en liefde is die belangrikste faktore in enige verhouding. Probeer om altyd te onthou hoekom julle verlief geraak het, ondersteun mekaar deur die goeie en slegte tye en maak seker dat julle genoeg kwaliteittyd saam bestee. Wees altyd geduldig, tref kompromieรซ en moenie vergeet om elke dag te sรช dat julle mekaar liefhet nie!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Adene Photography
- Venue: Nooitgedacht Landgoed
- Videograaf: Cape Videos
- Huwelik beplanner en skryfbehoeftes: Pretty in Stains
- Blomme: Bright and Beautiful
- Ruiker: Fabulous Flowers.
- Trourok ontwerper: Janita Toerien Wedding Gowns
- Bruid se hare en grimering: Iza Cloete โ Hair & Makeup Artist
- Strooimeisie en blommemeisies se rokke: Elizabeth-J Designs
- Musikale duo: Acoustic Element