Boheemse Inspirasie soos gesien op Pasella

Ons is baie opgewonde om vandag se boheemse tafel inspirasie met jou te deel.  Jeanette van Paramithi het vir ons die mooiste blom ontwerpe gemaak vir ons Boheemse tafel inspirasie, wat gesien was op Pasella op SABC 2 laas Vrydag.  Die fotosessie en opname het plaasgevind in Kalkbaai by die pragtige Bishops View.  Die tafel se dekor is perfek vir enige paartjie se troue, veral as jy opsoek is na iets anders en helder wat definitief baie aandag sal trek.  Ons het besluit om van verskillende kleur blomme gebruik te maak.  Dit skep ‘n baie prettige en kreatiewe gevoel.  Dit sal jou gaste definitief laat glimlag!  Hierdie is definitief ‘n maklike, maar tog mooi en elegante tafel om te doen by jou troue of as jy wil net vir ‘n lekker spesiale geleentheid.  Lees meer oor die oulike tafel inspirasie onder en geniet die foto’s wat Günther Schubert afgeneem het.

Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0001Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0002 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0003 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0004 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0005 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0006

Die Tafel


Toe ons die oulike kleurvolle olifant boekstander by Poetry se winkel in die V&A Waterfront sien, toe moes ons dit onmiddellik gryp.  Dit gee self ‘n baie kunstige, maar tog elegante gevoel aan die tafel.  Die gebruik van die patroon gevormde servette laat breuk die wit van die tafel en skep bietjie kleur onder die deurskynende eetgerei wat ons by @HOME gekry het.  Paramithi het hout stompe onder die blompotte gebruik om ‘n aarde en meer rou gevoel in te bring.  Dit is geplaas in elegante boheemse blomme rangskikkings en mooi potjies. Soos jy kan sien, het ons verskillende borde gebruik.  Dit sorg vir ‘n groter verskeidenheid wat inpas by die besige Boheemse tema.

Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0007 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0008 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0009 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0010 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0011 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0012 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0013Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0014

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: