Andreas en Anthony se troue was in die pragtige Nuy Vallei tussen Worcester en Robertson. Die temperatuur daar kan behoorlik styg en dis was vreeslik warm toe Andreas in die trou paadjie moes afloop. Gelukkig het die troue in ‘n groot partytjie saam hul familie en vriende geëindig.
Die paartjie deel ook goeie advies wanneer dit kom om jou trou plek te kies.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons verlowing was ietwat onkonvensioneel. Ek het geweet hy gaan my ‘binnekort’ vra, maar het steeds geen idee gehad presies wanneer nie. Hy het my voete onder my uitgeslaan een Saterdagmiddag en my verras met ‘n romantiese ete vir twee bo-op ‘n berg by een van die Kaap se mooiste wynlandgoed! Ons het skaars uit die kar geklim toe hy op sy knieë neersak met die mooiste ring wat ek nog ooit gesien het! Die oomblik was so onverwags dat ek hom later gevra het om weer op sy knieë te gaan sodat ek net kans het om dit werklik in te neem!
Watter advies kan jul aan ander paartjies gee?
Oorweeg ‘n venue wat genoeg blyplek vir al jou gaste bied. Dit het beteken dat ons troue in ‘n naweek-affêre ontaard het en kon ons die Vrydag en Saterdag self ons gaste verwelkom en lekker saamkuier voor die troue. Dit help ook baie as jou gaste nie hoef te bestuur na die troue nie. Ons venue het ook ‘n ontbyt aan gebied die Sondagoggend, wat ons ‘n geleentheid gegee het om vir oulaas saam met ons trou gaste te kuier voor almal weer die pad vat. Die troue self gaan so vinnig verby dat elke ekstra oomblik saam jou vriende en familie kosbaar is!
Beskryf jul troue in drie woorde:
Wat ‘n partytjie!
Het enigiets fout gegaan?
Dit was 40˚C toe ek 16h30 by die paadjie moes afstap! Gelukkig het die saal waar die onthaal was lugversorging gehad!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Melissa Naude
- Videograaf: Langeberg Weddings
- Dekor: Flamboijant
- Rok: Elizabeth Stockenström
- Pak: Fabiani
- Venue: Nuy Valley Guest Farm
- Hare en grimering: Anne-Mart Strydom
- Skryfbehoeftes: Paper Paradise