André & Leoumé se plaastroue

Leoumé deel haar en André se liefdes verhaal met ons.  ʼn Liefdes verhaal wat begin het deur vertroue en geduld.  Die paartjie het baie gefokus op die detail en die windpomp as troukoek topper is kosbaar vir hul plaastroue.   Hulle advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan is ook baie belangrik.  Lees asseblief self meer oor die paartjie se liefdes verhaal en waar om fondse te probeer spaar.

Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0004Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0003 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0002Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0005 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0012 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0011 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0010 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0009 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0008 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0007 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0006

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ek was in die koshuis en André se oom was die koshuis vader. André het gereeld vir sy familie kom kuier en so het ek die oulike kêreltjie vir die eerste keer gesien. Ek trek toe net daar my mees gemaklike oefen klere aan en draf toe gereeld by die huisie verby totdat die oom my eendag in nooi en voorstel. Ons eerste kuiertjie saam het hy my sommer vinnig in die diep kant ingegooi toe hy sê ek moet voor die stuurwiel inklim. Hy ry toe in die passasierskant en eet rustig n roomys terwyl ek ruk-ruk wegtrek…maar die vertroue het vinnig ingeskop en ons ry toe na n plekkie met die mooiste uitsig. Daar het ons toe wat voel soos heelaand ( 10 uur – want ek was nog op skool ) gesit en gesels. Toe dit by ry kom sê hy ek kan maar weer terug ry, en ek kon toe sien die oulike kêreltjie vertrou my nie net met sy lewe nie, maar ook met sy bakkie!

Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0013 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0020 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0019 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0018 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0017 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0016 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0015 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0014

Hoe het julle verloof geraak?


7 jaar later… Ek en André het beplan om Oujaarsaand strand toe te gaan, maar omdat dit ‘n weeksaand was en ons altwee vroeg moes opstaan vir werk, het ons sommer net na 10 die aand vas aan die slaap geraak op die bank. Ons skrik toe eers die volgende oggend wakker en besluit toe dat ons dan maar later die aand ʼn glasie sjampanje op die strand gaan drink met sonsondergang. Die wind het so gewaai daai aand…ek het gebewe van die koue! Hy skink toe vir ons n glasie en loop strand toe terwyl ek op die bankie sit. Soos hy weg van my loop, so gooi ek toe die sjampanje uit want dié vroutjie wil net by die huis kom! Ek stap toe ook strand se kant toe om vir hom aan te jaag en met die stap sien ek toe ʼn otter met 3 babatjies in die see. Ek skrik so groot, want wat doen die goedjies in die see? En siedaar…so met die omdraai slag om vir André te roep, staan hy agter my met die ring in sy hand…. en net daar toe pla die wind nie meer nie!

Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0021 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0028 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0027 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0026 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0025 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0024 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0023 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0022Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0029

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons het ontmoet toe ek in my laaste skooljaar was en hy op kollege. Van daar af het daar altesaam nog 9 jaar verby gegaan voor ons uiteindelik kan sê ons is nou een, maar as ons terugkyk op die 9 jaar voel dit soos gister.

Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0036 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0035 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0034 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0033 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0032 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0031 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0030Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0037

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Moenie dadelik wil trou die dag as julle verloof raak nie, veral as julle self verantwoordelik is vir die finansies. Gaan sit en beplan. Spaar liewers ʼn bietjie langer en weet jy stap skuld vry uit voor jy onnodig skuld maak. Dink ook wie in jou familie kan help met sekere aspekte van die troue.  Probeer soveel moontlik idees kry en begin vroegtydig goedjies maak. Die klein goedjies kos gewoonlik ‘n plaas se geld, maar jy kan met baie min dieselfde resultate kry as jy dit self maak.

Onthou dat die beplanning ‘n opwindende tyd moet wees en dat bruid en bruidegom ʼn sê het.  As jou Bruid / Bruidegom nie hou van ‘n idee nie, besluit dan saam op iets wat gaan werk waarmee julle altwee tevrede is.

Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0044 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0043 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0042 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0041 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0040 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0039 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0038Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0045 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0052 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0051 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0050 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0049 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0048 Leoumé & André se troue soos op Mooi Troues_0047

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: