Amanda vertel ons hoe sy vir AB ontmoet het my ‘n skool funksie en AB deel met ons hoe sy planne om vir Amanda te vra om met hom te trou nie presies uitgewerk het soos hy dit wou verkies nie.
AB en Amanda gee ook baie goeie advies aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Amanda vertel – 25 Junie 2011, het ons mekaar ontmoet by my Hoërskool se 50ste verjaardag fees. Op daardie stadium het hy in Klerksdorp geswot en ek in die Kaap. Hy het beste pêlle geword met Waldo, dieselfde Waldo saam met wie ek groot geword het in Walvisbaai, Namibië. AB gaan toe saam met Waldo Walvisbaai toe om sy 21ste verjaardag te vier met ‘n groot partytjie. Ons is aan mekaar voorgestel en die res is geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
AB vertel – Op Oujaarsaand, einde 2013, het ek haar na ons spesiale koppie by die plaas gevat en haar daar in die donker gevra om met my te trou. My plan was om dit te doen tydens die sonsondergang, want dan is die dag op sy mooiste, maar met die erge droogte in die Kalahari daai Desember, het my ouers besluit om veld toe te loop. Dit was veronderstel om vir hulle ook ‘n verassing te wees, maar toe moes ek vir hulle gaan sê sodat ons terug na die huis toe kan gaan voor die son onder is. Toe die tyd aanbreek, was dit alreeds donker, maar sy het ja gesê.
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Ons was 3 jaar en 4 maande saam toe ons getrou het, en ons was presies vir ‘n jaar verloof.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Wanneer dit kom by die beplanning van die troue, maak seker dat julle dit al lank voor die tyd doen. Ons troue was binne die eerste 3 maande klaar gereël. Die dag van die troue was rustig, want ons het geweet alles is gereël hoe ons dit wil hê. Neem alles in op jou troudag, luister na almal se toesprake, kuier met almal en geniet die beste dag van jou lewe.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Jacey Searra Photography
- Videograaf: Henry Dillon Video & Photography
- Seremonie en onthaal: Mentorskraal, Jeffreysbaai
- Blomme en dekor: Ansie’s Elite Hire & Susan Luwes
- Trourok en sluier: Bester’s Bridal Boutique
- Bruid hare: Samuel Beck
- Bruid grimering: Githe Muir
- Strooimeisies se rokke: Bester’s Bridal Boutique
- Bruidegom en strooijonkers se pakke: Birch’s Port Elizabeth
- Verskaffers van wyn: Oranje Rivier wynkelder
- Uitnodigings: Alvira van der Walt -ma van die bruidegom
- Konfetti: Ons het dit self gemaak