Hoe het Wayne en Marilie ontmoet?
Marilie en Wayne het in 2013 ontmoet in die April vakansie. Marilie was aangestel as Paarl Gimnasium se 0.16 A-dogters hokkie afrigter. Die seuns en dogters was op pad na hulle York toernooi toe en Wayne (wat ‘n onderwyser is by die skool) was aangestel om spanbestuurder te wees vir beide spanne. Aanvanklik wou ons niks van mekaar weet nie en het mekaar nie eens gegroet nie en was sommer vies vir mekaar daaroor. Soos die toer aangegaan het, het ons begin praat.
Ek wou graag weet hoekom hy hokkie reëls leer en hy ‘t my laat verstaan hy is ‘n rugby afrigter. Hy het nie geweet op daardie stadium was ek n provinsiale hokkiespeler nie en ek het nie geweet hy het self goeie hokkie gespeel nie.
Na die toer toe ons by die huis gekom het het Wayne besef sy sleutels lê nog in George. Na die toer het ons nog gesels. Wayne het met die een gesprek gesê, maar hy gesels die volgende dag weer met my. Wel drie dae het verby gegaan en ek het bekommerd geraak dat hy my afgeskryf het en ek was reeds te mal oor hom.
Uiteindelik besluit hy om my te groet en my reaksie was: Wel ek is bly jy weet nog hoe om te groet. Volgens Wayne was dit die boodskap wat sy voete onder hom uit geslaan het en hy dadelik verlief was op my. Van daar af was ons verhouding net daagliks geseën en groei ons saam en vorm ons mekaar tot die sielsgenoot wat ons vir mekaar bestem is. Met sekerheid kan ons se dat ons nog BAIE verlief is!
Linda van Dyk van Linda van Dyk Photography vertel jul graag meer oor die fotosessie
Wayne en Marilie het ’n fotosessie gewen! Wat oorspronklik net ’n paartjie fotosessie sou wees het verander in my eerste gestileerde fotosessie! Omdat hulle nog nie verloof is nie, het ons besluit dat:
Elkeen van ons het tog daardie spesiale persoon vir wie jy baie lief is en met wie jy soveel liefde en pret kan deel! Getroud, verloof of sommer net verlief!
Vandaar die tema “You are my person” .
Die pret gedeelte het ons ingebring met die gevoel van karnaval en plaas! Ek het reeds die vlaggies gehad en saam al die diensverskaffers het ons die blomme, kleure en skryfbehoeftes daarby aangepas.
Blooming Wonderful het Marilie se oorbelle verskaf so ook al die skryfbehoeftes, uitnodigings en hektagon tafel boksies vir tafel dekor, “You are my person”-teken asook “Best day ever” teken.
Paradiso Flowers het al die blomme verskaf, so ook Wayne se kruisband ruiker en Marilie se arm ruiker! Let asb die blomme in ’n “sugar cone” met goud vir ons karnaval gevoel!
Creation events het pragtige stilering op ’n BAIE winderige dag gedoen!
Die hooi bale op ’n vriendin se plaas was speels en perfek vir ons tema. So ook ons kleur skema van sagte perske en blougroen met ’n tikkie goud!
Ons linte,(om Marilie se arm), eetgoed,(vir pret) blomme en skryfbehoeftes het pure karnaval saam jou “persoon”, geskree.
Enige paartjie kan maklik ’n groot makietie hou op so mooi plaas tussen die hooi bale!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Hare en Grimering: ElpMakeMeUp
- Blomme: Paradiso Flowers
- Stilering: Creation Events
- Skryfbehoeftes: Blooming Wonderful
- Fotograaf: Linda van Dyk Photography