Amy het ‘n ongelukkie gemaak en Richard was in die area toe sy hom vra om dit ernstig is, dit is hoe die paartjie se liefdes verhaal begin het en hul het in die huwelik getree 8 jaar later en die onthaal in die pragtige Moederstad gehou.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het my kar in ‘n paal vas reverse en toe net so Universiteit toe gery. Toe ek daar aankom het ek vir Richard gevra of hy dink die skade is erg, hy het gelag en gesê watse belaglike vraag is dit nou. Dit is die eerste keer wat ons ontmoet het.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ‘n Sondag middag gewees na ons altwee ‘n baie besige week gehad het. Ons was die hele week omtrent nie by die huis nie en het besluit om met die honde te gaan stap in die berg na ‘n baie mooi waterval. Toe ons bo kom het ek voor hom gestaan met my rug na hom toe. Ek het omgedraai en hy was besig om op sy knie te gaan ( hy het so erg gebewe van die senuwees). Dit was perfek, net ons twee, die berge en ons honde. Ons het twee ure daarbo spandeer.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Presies 8 jaar en 8 maande, dit was ‘n baie spesiale getal want 8 is ook die simbool vir oneindigheid (ifinity).
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet elke oomblik van die verlowing, die tyd wat aanloop tot jou troudag is so opwindend. Moenie jouself bekommer oor die klein dingetjies nie en vra familie en vriende om jou te help waar hulle kan. Hulle wil net so veel soos jy betrokke wees in die beplanning van jou groot dag. Jou troudag is werklik die beste dag van jou lewe, so maak dit presies soos wat jy daarvan hou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Black Balloon Photography
- Venue: Cape Town Club, 18 Queen Victoria Street, Cape Town
- Make up: Ursula Ullrich
- Blomme: Petals Group
- Plattejoggie: DJ Chopper Carla
- Koek: Gary Coetzee
- Trou kaartjies en tafels: Hello Monday