Jy kan nooit beplan wanneer jy jou liefde ontmoet nie, en ‘n goeie begin punt van ‘n verhouding is as jul albei dieselfde stokperdjies geniet.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het die eerste keer ontmoet op ‘n staproete.
Hoe het julle verloof geraak?
Dewald het my met ‘n fotosessie verras vir ons herdenking en terwyl die fotograaf besig was om my foto te neem, toe draai ek om en sien hom op sy knie staan… Daarna nog ‘n verrassing met n piekniek. Die aand het ons gaan uiteet en weereens ‘n verassing, want al ons vriende en familie was daar.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons wil graag volgende jaar Augustus 2016 trou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Him and Her Picture