Sweetie Bars {Advies Artikel}

 

Melissa van Pretty in Stains deel vandag die inspirasie vir “Sweetie Bars” vir dekor en nagereg by jou troue.

“Ek is lief, lief, lief vir ʼn ietsie soet en om ʼn tafel te sien vol soet sweeties bring maak my verby opgewonde!  Ons almal weet hoeveel pret ʼn sweetie tafel kan wees en natuurlik hoe mooi dit lyk as dit ordentelik opgestel is.  Hier is ʼn paar wenke indien jy self ʼn sweetie tafel wil opstel vir jou troue.”

Trou-Inspirasie-soos-op-Mooi-Troues_0013

Kleurskema:


Vir jou sweetie tafel om visueel aanloklik te wees, moet dit in dieselfde kleure wees as die res van jou troue – ʼn deurlopende tema moet in alle aspekte van jou troue deurgetrek word. Moet nie net ʼn paar verskillende lekkertjies koop, in ʼn houer te gooi en dan te sê dit is jou sweet tafel is nie. Jy wil hê gaste moet “Oe” en “Ah”…en fotos neem!

Houers:


Kry verskillende groottes en tipes glas houers, bakke, potte om jou sweeties uit te stal, hierdie skep interessantheid tot jou tafel. Glas is die beste opsie sodat die mooi kleure van die lekkers gesien word. Jy kan houers inhuur by jou dekor verhurings maatskappy of jy kan dit aankoop – dink of jy weer die houers kan gebruik of nie.  Moet nie vergeet van “scoops” nie!

Trou-Inspirasie-soos-op-Mooi-Troues_0015

Tipe Sweeties:

Wanneer jy winkel toe gaan, probeer om ietsie vir almal te koop. Harde lekkers, sagte lekkers, jelly lekkers, malvalekkers, fudge, brownies, stokkie lekkers. Onthou om in jou kleurskema te bly!

Skryfbehoeftes:

Dit is vir my uiters belangrik data ls altyd afgerond is en mens aandag gee aan fyn besonderhede.  Labels en tags met die verskillende sweeties rond af die tafel en gee die geleentheid om die tema deur te trek. Dit lyk mooi op die oog en gaan nog mooier lyk op fotos.

Verpakking:

Dink waarin jou gaste hulle lekkers in gaan pak sodra hulle wegbeweeg van die sweet tafel.  Opsies om na te kyk kan wees papier sakkies, sellofaan sakkies, karton boksies ens.  Jy kan self plakkers laat druk om die sakkies of boksie mooi af te rond.

Trou-Inspirasie-soos-op-Mooi-Troues_0016

Dekor Wenke:

Die houers met die lekkers in is al klaar so mooi en eintlik die dekor, maar rond dit af deur ander elemente in te bring soos bv. kerse. Ek is mal oor silinder houers met water en drywende kerse. Gebruik blomme wat by jou seremonie gebruik was en rangskik dit tussen jou houers. Probeer om verskillende hoogtes te skep op die tafel deur die houers op hout boksies of kratte of iets soorgelyks te plaas. Gebruik dieselfde tafeldoeke as wat op jou tafels gebruik word. As jy meer modern wil wees, huur ʼn wit plinth tafel in en los die tafeldoek – dit is omtrent ʼn “show stopper”.

Dubbele Doel:

So eenvoudig – jou sweetie tafel kan doel as geskenkies aan gaste en ook as nagereg. Ek sal voorstel dat as dit as nagereg dien, dit gepaard gaan met jou trou koek (probeer om jou trou koek iewers anders uit te stal). Indien jy nie ʼn trou koek het nie, probeer om lekkernye soos macaroons, cupcakes of brownies in te sluit op jou tafel.

Gebruik ʼn Professionele Diensverskaffer:

Ek las hierdie punt by omdat daar ʼn paar diensverskaffers is wat spesialiseer in sweetie tafels en die mees asemrowende tafels dek. Dit is ook makliker omdat jy gebruik maak van hulle houers, scoops, verpakking en stilering van die tafel. Hulle bring die sweeties, stel dit op en kom haal weer als. Minder stres is altyd die beste.

Trou-Inspirasie-soos-op-Mooi-Troues_0017

Diensverskaffer:

Pretty in Stains