Marlon en Lourette se liefde vir die wild en natuur het hul padjies laat kruis. ʼn Hegte vriendskap het later in romanse verander en na die eg gely.
Die pragtige trou venue Leipzig Country House & Conference Centre is op die R60 tussen Worcester en Robertson in die pragtige Nuy Vallei geleë. Die hoof trou venue met sy wyn bevlekte mure is ʼn eeue oue wynkelder. Seremonies kan op die gras voor die Kaap Hollandse hoof huis gehou word. Die plaas beskik ook akkommodasie vir 46 gaste. Hul het ook hul eie sjef-span wat na al jou spyseniering behoeftes kan omsien en bied op die dag koördinering om enige stres te vermy. ʼn Een-stop trou venue waar jul die hele naweek kan makietie.
Rol af en geniet Marlon & Lourette se troue in die pragtige Nuy Vallei.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet in die Kruger Wildtuin, waar Marlon ʼn Wildbewaarder was vir ʼn oord. Na ʼn jaar op die skepe het ek ook Kruger Wildtuin toe getrek om in die Spa te werk vir dieselfde oord. Na so 3 jaar van vriendskap het die liefde erg begin blom.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het ʼn vreeslike groot liefde vir die bos, so wanneer ons op vakansie gaan, dan is dit iewers in die bos. November 2013 het ons die langpad weer aangevat Kalahari toe, Kgalagadi Transfrontier Park. Een aand, met sonsondergang en die goue en pienk lig, net soos die Kalahari kan hê, en leeus wat brul in die agtergrond het hy op sy knie gesak in die rooi sand en my gevra om met hom te trou.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 2 jaar saam, een jaar uit gegaan, een jaar verloof.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Sien altyd die mooi dinge in mekaar raak, en waardeer mekaar se liefde!
- Trou Venue: Leipzig Country House & Conference Centre
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Kobus Tollig
- Bruidegom Mode: Rings and Things
- Rok: Eve’s Bridalwear
- Hare en grimering: Tittewyt Hair and Make up
- Skryfbehoeftes: Lilly Young Designs
- Platejoggie: DJ Mitch (Mitch Grobler)