Partykeer ontmoet mens jou lewens maat op die mees onverwagse maniere en begin jy belang te stel aan die ander party nog voordat jul fisies ontmoet het. Lees onder hoe Stefan, Chantelle gefassineer oor die telefoon …
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Die eerste keer wat ek met Stefan gepraat het was oor die telefoon. Ons het albei vir dieselfde maatskappy gewerk en ek het altyd gedink hoe aangenaam en vriendelik die ou op die foon klink. ‘n Paar maande later het ons toevallig dieselfde werk funksie bygewoon en ek het dadelik sy stem en Australies aksent herken. Ons het heeltyd in mekaar vas geloop by die werk. Ek het meer as een keer geskimp vir koffie of middag ete, en na so paar maande het die man uit eindelik die boodskap gekry en my uit gevat vir ‘n baie romantiese ete. En dit was die begin van ons pragtige liefdes verhaal.
Hoe het julle verloof geraak?
Stefan het my gevra om te trou op die 29ste Februarie, skrikkeljaar. Ons was in die kombuis besig om te gesels en ek vertel hom hoe my kollegas my aanspoor om hom te vra om te trou omdat dit skrikkeljaar is. Ek lag dit af, sê toe ek weet nie of ek nou al wil trou nie. Hy haal toe iets uit sy sak en vra: “Nie eers as ek die vir jou gee nie?” Sy hand bewe so ek moes die boksie vat om die ring te kan sien. Natuurlik het ek ja gesê. Glo lê die ring van Desember al in sy kas maar hy was moeg om te wag vir daai “fliek oomblik”. Vir my, was dit perfek. Ek sal daardie oomblik vir niks verruil vir die wêreld nie!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was vier jaar saam voor ons verloof geraak het. Ons wou graag dieselfde jaar trou maar was ook vreeslik besig met werk. Stefan was ook half pad deur sy MBA. Toe ons vir Marle du Toit aanstel, was dit asof die maande verby vlieg en voor ons weet was dit die trou dag.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Stel ‘n Trou Koördineerder aan. Dit vat baie stres van ‘n mens af.
Beste advies wat my ma my gegee het: “Wanneer jy by die bruids padjie afloop, kyk vir jou man, maak seker julle oë ontmoet. En bly vir solank as wat jy kan in daai oomblik. Probeer alles geniet, probeer alles absorbeer. En op die einde van die aand, staan terug en kyk oor die dans vloer, na al die pragtige vriende en familie wat gekom het om jou spesiale dag saam met jou vuur.”
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Monica Dart
- Hare en Grimering: Helga Bridal
- Trou Koördineerder: Marle du Toit
- Blomme en Dekor: Heike le Corduer
- Spyseniering: Herman & Andre
- Minister: Roger Horwood
- Musiek: RAAF / Bottomless Coffee Band
- Venue: Freedom Hill Estate
- Platejoggie: Alwyn
- Meubel verhuring: Furniture – Klassieke Styl | The Villas Franschhoek