Moet nooit sê nooit nie; dalk lewe jul verby mekaar vir jare … maar as dit die wil is sal dit gebeur wanneer en hoe dit moet.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet in die plek waar ek gesê het ek sal nooit my trouman ontmoet nie – n gunsteling kuierplek in Durbanville, by die kroeg deur ʼn gemeenskaplike vriend. Ons leef al eintlik jare verby mekaar want ons was saam in die kerk, saam op laerskool en hoërskool, ek en Ockert se suster was saam in koshuis op Stellenbosch … Dit wys jou net, dinge gebeur op hul eie en die REGTE tyd.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het op 13 Desember verloof geraak op Melkbosstrand, dit was die eerste aand van ons verlof vir daardie jaar en die beste geskenk vir die vakansie wat voorlê! Hy het my op die strand verras met ʼn kombersie en piekniekmandjie vol van my gunstelinge – Niknaks, sjampanje, Bubbles sjokolade, Kase en Crackers en ʼn gedruk album vol fotos vanaf die eerste dag wat ons saam is. Dis toe dat ek eers die boksie in sy hand gewaar, toe hy op sy een knie sak!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was so 2 en ʼn half jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet net die tyd wat jul verloof is, moenie te veel stres oor troureëlings nie, dis net julle wat weet hoe dit veronderstel is om op die dag te lyk. Maak seker jul troue is julle smaak en beeld jul as ʼn paartjie uit.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Claire Thomson Photography
- Platejoggie: DJ Gean
- Rok: Tracey’s Bridal
- Blomme: To-Nett’s
- Venue: Kronenburg
- Orkes: Francois
- Dekor: Bruid en haar pa
- Grimering en Hare: Marzaan Lotz Professional Make-Up & Hair