Ons kyk vandag na Regardt en Deidré se pragtige troue wat in Riebeeck-Wes plaasgevind het. Deesdae maak tegnologie dit maklik om kontak te hou, selfs al woon geliefdes nie eers op dieselfde kontinent nie!
Die weer het ook glad nie in Regardt se pad gestaan toe hy vir Deidré gevra het om hom die gelukkigste man in die wêreld te maak nie.
Groenrivier Function Centre is ‘n plattelandse trou venue in Riebeek Vallei, in die Swartland distrik. Hierdie is die ideale bestemming vir ‘n troue. Dit is ‘n pragtige trou venue net so oor ‘n uur se ry vanaf Kaapstad, omring deur die natuurskoon van die gewilde Riebeek Vallei gebied. Beide Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes bied werêld klas verblyf vir gaste met baie aktiwiteite om jou trou gaste besig te hou.
Lees meer oor Regardt en Deidré se liefdesverhaal.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
My broer het ‘n braai gehou en ons was albei genooi. Ons was voorgestel en het begin praat. Toe ons weer ons self kon kry was die aand om en ons was nogsteeds besig om te gesels. Ons het mekaar eers weer ‘n maand daarna by my broer se troue gesien. Regardt het vir ‘n maand Europa deur getoer. Terwyl hy daar was het hy kontak met my begin maak. Regardt het my met sy terugkeer gevra om hom te ontmoet vir ‘n koffie.
Hoe het julle verloof geraak?
Regardt het my vir ontbyt gevat na ‘n baie oulike restaurant op ‘n plaas in Franschhoek. Hy het vir my gesê hy het nog twee verrassings vir die dag beplan. Na ontbyt het ons die Franschhoek pas uitgery en hy het skielik afgetrek by ‘n uitkykpunt. Dit het begin reën en hy het gesê ek moet in die motor wag en toe verdwyn hy. Hy het my deur kom oopmaak en my ‘n bos blomme gegee en weer verdwyn. Dié keer het hy met ‘n bottel sjampanje en glase terug gekom en vir my gesê ons gaan dit vir later nodig hê.
Die laaste keer toe hy terugkom het hy ‘n swart boksie voor my oopgemaak en die mooiste ring het na my gekyk. Dit is toe wat hy my vra of ek hom die gelukkigste man sal maak en die res van my lewe saam met hom sal spandeer. Die trane het net so hard soos die reën geval en ek het ‘ja’ gesê.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was twee jaar en drie maande saam voor ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet elke oomblik van die beplanning en die saam werk aan die troue. Maak gebruik van familie en vriende wat bereid is om te help en verlig so die druk van julle self. Gee genoegtyd vir al die beplanning. By die troue – maak tyd om oomblike van julle troue saam te ervaar en in te neem. Geniet hierdie spesiale dag en die begin van julle nuwe lewe saam.
- Venue: Groenrivier Function Centre
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Herman Agenbag Photography
- Blomme en tafeldekor: Lindie du Plessis van Fynbosch Flora
- Dekor – my suster Madeleine
- Spyseniering: Malita Joubert Spyseniering
- Troukoek: Lente Ballard
- Trourok: Elizabeth Stockenstrom
- Grimering: Brenjin Bester
- Hare: Elzé Pengilly
- Platejoggie: Sound Synergy
- Musikante: Acoustic Element
- Bruidegom en strooijonkers se pakke: Top Hat Suit Hire
- Strooimeisie se rokke: Jacoba clothing