Marsala Inspirasie

Ons het ‘n prentjiemooi Marsala geïnspireerde gestileerde fotosessie by Ashanti landgoed naby Paarl, gehad. Marsala is die Pantone kleur vir 2015 en definitief ‘n pragtige kleur om te gebruik by jou troue.  Dit is ‘n warm, elegante kleur wat mooi werk saam met ander kleure soos groen, goud, wit, pienke en ook skakerings van verskillende perse.

Günther Schubert en Jeanette van Paramithi het koppe bymekaar gesit om Marsala tot sy volle potensiaal te gebruik.  Hulle het dit klassiek en elegant laat lyk sodat jy dit by jou troue kan gebruik.  Günther Schubert was die fotograaf vir die fotosessie.  Paramithi het die blomme gedoen asook die tafel se stilering.

Xanilize het vir ons model gespeel en die talentvolle grimering en haar stilis, Chantelle Landman het seker gemaak haar grimering en hare lyk perfek vir die fotosessie. Xanilize dra een van Blush se pragtige rokke wat so mooi inpas by vandag se trou inspirasie. Die tafel bestaan uit verskillende skakerings en kleurskemas van blomme. Ons het ‘n wit tafel gebruik om die kleur bietjie meer eenvoudig te hou en ‘n minimalistiese gevoel te skep. Melissa van Pretty in Stains het die mooiste Marsala skryfbehoeftes vir ons ontwerp. As jy slegs die skryfbehoeftes wil sien sal jy Woensdag moet inloer op Mooi Troues wanneer ons vandag se fotosessie se skryfbehoeftes met jou deel. Günther het sommer sy ma se glase en borde gebruik vir die fotosessie wat ook dan ietsie spesiaal sal wees.

As jy ‘n kleiner troue het en graag van ma of ouma se ou breekware wil gebruik, is dit gerieflik om dit uit die kas te haal en te gebruik. Baie bruide dink dat Marsala ‘n moeilike kleur is om te gebruik en dat dit by niks gaan nie, maar vandag wys ons jou hoe om dit te gebruik en nogsteeds pragtig en elegant te laat lyk.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]