André en Jolene het op die ‘n unieke manier ontmoet op ‘n Nuwejaar en ons dink dis baie romanties op sy eie manier. André het Jolene se senuwees omtrent op hol gehad vordat hy haar gevra het om te trou. Lees onder die twee se liefdes verhaal.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
André kom van n klein dorpie in die Noord-Weste af met die naam Christiana. My ouma het ook daar gebly. Ons familie het daar gaan kuier vir Kersfees een jaar en ons het gebly tot na nuwejaar. Ek en my sussie het net voor die klok 12am slaan by ‘n kuier plek aangekom waar André reeds was. Toe die nuwejaar aanbreek en almal mekaar geluk wens, was ons langs mekaar, en met ‘n druk en pik soen vir n totale vreemdeling het ons wonderlike reis begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het op ‘n Sondagoggend na ‘n leeupark toe gegaan net vir die pret. Ons het tussen die wit leeus en jag luiperde rond gery. Net toe ons buite die hekke is het hy gesê hy dink sy wiel is pap, ek het nog probeer keer dat hy uitklim om te kyk, maar hy wou nie hoor nie. Toe ek om die kar kyk en hom nie sien nie het ek vir n oomblik gedink my kêrel is deur n leeu weggesleep. Ek het met paniek my deur oop geruk en hy het “in my blindekol” op een knie vir my gewag.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou die 28ste Februarie 2015. Nou in ons laaste beplannings fase en geniet nog elke oomblik daarvan.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Okay Deer
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
[endsection]