Ivan en Elsa se storie wys vir ons weereens vandag dat al die regte dinge sal gebeur, sodra die tyd reg is. Ivan het op ล baie kreatiewe wyse vir Elsa die โja-woordโ gevra. Elsa vertel ook dat jy nie maande nodig het om ล troue te reรซl nie. Waar daar ล wil is, is daar ล weg! Ons hoop jul geniet Ivan en Elsa se storie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was saam op skool. Ons eerste ontmoeting was Ivan in st. 6 en ek in st. 8. Ons het blykbaar hande vas gehou een aand wat Ivan wel onthou, maar ek nie. Ons het mekaar 11 jaar later weer raak geloop en die koeรซl was deur die kerk.
Hoe het julle verloof geraak?
Ivan het my ล maand na ons begin saam kuier het die kys gevra. Presies 400 dae na ons her-ontmoeting het hy my op ล skattejag gestuur. Die begin punt was waar ons ontmoet het. My boetie het my die oggend gebel en gevra ek moet hom dringend by die spesifieke plek kry. Hy het my ingewag met ล koevert en briefie waarna ek na my ouers toe moes ry, van daar af na sy ouers toe waar ons hond, Barnabas, my ingewag het met ล boodskappie om die nek en ล CD van ons liedjie. Die laaste punt was Riemland Eco park (natuurbewaringskamp) in Vaalpark. Hy het alles gerรซel gehad; Balonne, fotograaf, shampanje ens. Soos ล bang apie agter ล boom uitgespring en op sy knieรซ gegaan.
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Vandat Ivan my die kys gevra het, ล jaar en drie maande.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee.
Moenie dat tyd julle afskrik nie, ons het ons troue binne drie en ล half maande gereรซl en ons het meeste van die werk en dekor self gedoen. Waar daar ล groot wil is, is daar ล weg. Maak lysies om kop te hou met reรซlings. Hou die kos eenvoudig, mense hou van ou tradisionele boerekos niks, โfancyโ nie. Bly by bekende kosse. Mense eet nie graag volksvreemde kosse nie. Enige plek kan in ล venue verander word. Ons het op die familieplaas getrou in die stoor en moes toilets in huur want daar was nie. So niks is onmoontlik nie. Begroot nie net vir die groot goed nie. Klein goedjies is die geld vreters. Maak die dag jou eie, dis julle dag, moenie ander mense se opinies volg nie. Jy kry dit nie weer oor nie. Kry maar ล natuurlike kalmeer dingetjie en baie snesies want dit is ล emosionele dag.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Him&Her Pictures
- Tafels, stoele, โfairy lightsโ en eetgerei: Tentworx
- Kos: La Oma Slaghuis en spitbraai
- Trou rok: Joey Mans
- Troukoek en kolwyntjies: For The Love of Cupcakes by Geraldine Slabbert
- Trouringe: Antique Fusion Jewellery by Anne-Michelle Dooley
- Hare en grimering: Marelize Morkel @ Silver Scissors